Categories: Artikels, Magazine (Zambia)Published On: 9th June 2023

Case IH bied aan: ‘n Mooi, rooi sakpas-Maxxum net vir jou

By 2 min read
433 words

case-1

Goeie nuus vir boere is dat Case IH die potlood skerpgemaak het en teruggegaan het ontwerptafel toe om seker te maak die gesogte Maxxum-reeks pas nie net perfek op jou plaas nie, maar ook in jou begroting.

Jacques Coetzee, hoof van  Case IH se groothandelbedryf in Suid-Afrika, het by NAMPO aangekondig dat die Maxxum 110 (82 kW) en die Maxxum 125 (93 kW) na vele gesprekke met boere en ‘n strategiese sessie aangepas is vir ‘n sakpas-weergawe.

Hy sê: “Die trekkers val in ‘n baie gewilde kilowatt-segment in Suid-Afrika en ons het die spesifikasies aangepas om te voldoen aan die behoeftes van boere.”

Die Maxxum-reeks word in Engeland vervaardig en is al 28 jaar lank in Suider-Afrika beskikbaar. Maxxum is wêreldwyd ‘n betroubare naam in die landbousektor.

Die modelle is geskik vir enige boerderypraktyk, van swaardienswerk soos grondvoorbereiding en daaglikse harde werk in die voerkraal, tot hooimaak en vervoerwerk. Die swaardiens elektro-hidrouliese kragaftakker werk uitstekend vir enige voerkraaltoepassings.

Jacques sê die trekkers gaan van September af in produksie in en boere kan solank hulle bestellings begin plaas vir vroeg volgende jaar. “Wees op die uitkyk! Ons gaan dit goed bemark.”

Boere wat by Case se indrukwekkende uitstalling op NAMPO gaan inloer het om blad te skud en ‘n bietjie koffie en pannekoek saam te geniet, het die aankondiging verwelkom.

“NAMPO bly die perfekte platform om ons klante bymekaar te kry, weg van die roetine op die plaas, om te hoor hoe dit gaan en wat vir hulle belangrik is,” sê Jacques.

Met so uitsig en soveel gerief gaan jy ‘n rede soek om self die trekker te ry.

Die Maxxum-trefferreeks bied:

  • Al die krag wat jy benodig, die brandstofbesparing wat jy begeer en die keuses wat jy wil hê, maar niks wat jy nie wil hê nie.
  • Vir jou gerief kan jy reg rondom jou sien vanuit die SurroundVision-kajuit.
  • Die beheerpaneel is maklik om te verstaan en die kontoles is gerieflik om te gebruik.
  • Verskeie kragoordragkeuses is beskikbaar vir die behoeftes van jou boerdery, van woema as jy werk op die land tot ekonomie as die wiele teer proe.
  • Die kragaftakker met ‘n keuse van 540 of 1 000 opm word regstreeks van die enjin se vliegwiel af aangedryf met sagte aanskakeling vir brandstofbesparing.
  • Twee toegewyde hidrouliese pompe sorg dat jy ewe goed kan bestuur en werk op dieselfde tyd.
  • Vir presiesieboerdery bied Case IH ook ‘n volledige reeks opsies van intreevlak tot 2 cm-akkuraatheid vir plant- en spuitwerk.

Jy hoef nie vir die volgende NAMPO te wag om met Case IH se vriendelike, bekwame span te gesels nie. Vind jou naaste handelaar op hulle webwerf by www.caseih.co.za.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0