Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 3rd April 2024

By Wölff Autohaus kry jy jou droomtrok en droomdiens

By 4 min read
674 words

IMG_6959

By Wölff Autohaus se perseel in Krugersdorp is daar ‘n wye verskeidenheid voertuie vir jou onderneming beskikbaar.

Om ‘n nuwe vervoeronderneming op die been te bring of ‘n bestaande een aan die gang te hou is nie goedkoop nie, veral nie as jy swaarvoertuie moet aanskaf nie.

Wölff Autohaus bied ‘n bekostigbare oplossing.

Hulle verkoop tweedehandse busse, trokke en geelmetaalvoertuie. Die onderneming se reputasie om gehalte gebruikte kommersiële voertuie aan die mark te verskaf, is wat hulle kop en skouers bo die res van die mark laat uitstaan.

Nie net ‘n gebruikte voertuig

By Wölff Autohaus kry jy nie net ‘n standaard voertuig nie, die maatskappy het hulle eie werkswinkel waar hulle gekwalifiseerde werktuigkundiges die voertuie kan opknap soos nuut en ook enige veranderinge aanbring volgens die klant se behoeftes.

Neriva Wölff is reg om Wölff Autohaus in die digitale era in te lei.

‘n Familie-onderneming

Wölff Autohaus is in 2000 deur John Wölff gestig. Hy het na sy grensdiens by ‘n rekeningkundefirma in Bloemfontein aangesluit. In 1970 het hy by Cargo Motors as ‘n leerlingtrokverkoopsman begin werk.

Na twee jaar is hy tot spesiale voertuigverkoopsman bevorder en het kliënte soos Eskom, Unitrans, groot olie- en mynmaatskappye en die Johannesburgse Munisipale Vervoerdepartment in sy swartboekie gehad.

Oor die jare het hy homself opgewerk en het hy in 1984 die eerste Mercedes-Benz-agentskap in die Umvotistreek in Kwa-Zulu Natal oopgemaak. Hulle het passasiersvoertuie en Mitsubishi-bakkies verkoop.

In 1996 het Mercedes-Benz hulle Freightlines-trokreeks van die Verenigde State na Suid-Afrika gebring. John en vyf vennote het ses van hierdie takke oopgemaak en twee jaar later weer verkoop.

In 2000 het hy Wölff Autohaus gestig, waar hulle hoofsaaklik gebruikte trokke koop, tegniese en estetiese opknapping doen en dan die goed-soos-nuut trokke na die mark toe neem teen mededingende pryse.

Jy kan ‘n wye reeks nuwe en opgeknapte voertuie vir jou onderneming by Wölff Autohaus kry.

Wölff Autohaus glo in vooruitgang

Na 23 jaar in die bedryf was dit tyd vir die onderneming om uit te brei. Daar was niemand beter om hierdie groot stap te behartig as John se dogter, Neriva Wölff nie.

Vir die afgelope 15 jaar het John sy dogter alles van die bedryf geleer. Sy het in 2005 by die onderneming aangesluit as ‘n toelatingsbestuurder. Een van haar take was om Wölff Autohaus in die nuwe digitale era in te lei en sy het stelsels en programme vir die doel ontwikkel.

Neriva het ‘n kop vir sake en het self twee agentskappe gekoop en die een weer ‘n jaar later verkoop teen 200% kapitaalwins. In 2017 is sy aangestel as die finansiële direkteur van Wölff Autohaus en in 2023 het sy die operasionele direkteur geword. Sy behartig  nou ook sake-ontwikkeling en bemarking.

Wölff Autohaus het nie net gewone trokke nie, maar ook busse en ander toerusting beskikbaar.

Wat maak hulle uniek?

Nie net maak hulle voorsiening vir ‘n mark wat soms verontagsaam word nie, maar Wölff Autohaus glo dat hulle diens en naverkopediens van uitstaande gehalte moet wees.

Hulle tegniese verkoopspan bestaan uit drie verteenwoordigers wat elkeen ‘n kode 14-lisensie het. Een van hulle verkoopsmanne, Soso Shuma, kan ook mense oplei om swaarvragmotorversiening te doen indien nodig.

Hulle het ‘n ten volle toegeruste verf- en paneelwerkswinkel wat ses voertuie kan hanteer. Die meganiese werkswinkel kan vier voertuie op ‘n slag versien en hulle het ‘n volledige wasbaai.

Die maatskappy het ‘n nooddiensvoertuig om uit te gaan indien een van hulle klante se voertuie op pad onklaar raak.

Hulle het ook huurkoopvoertuie beskikbaar. Hierdie opsie gee aan klante die buigsaamheid om hulle droomtrok te besit sonder om die bank te breek. Hulle kundige verkoopspan kan ook help met finansiëring en raad sodat kliënte verseker kan wees hulle kry die regte voertuig, teen die beste prys.

Wölff Autohaus bied waarde

Die onderneming verkoop voertuie aan Suid-Afrikaners en voer uit na die buiteland. Hulle is trots daarop dat hulle nuwe en opgeknapte kommersiële voertuie waarde aan hulle klante bied. Oor die afgelope 23 jaar het hulle reeds 4 900 voertuie aan gelukkige klante verskaf.

Om jou droomvoertuig te bekom, besoek gerus hulle webstuiste, www.wolffautohaus.co.za.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0