Categories: NewsPublished On: 16th November 2016

British American Tobacco rook steeds die pyp in SA ekonomie

By 2 min read
317 words
tobacco

tobacco

‘n Studie deur die onafhanklike ontleders, Quantec Navorsing, het die beduidende ekonomiese bydrae wat BAT(British American Tobacco) SA tot die nasionale ekonomie uitmaak uitgelig. Dit demonstreer die skaal van die maatskappy se regstreekse impak asook die van die wyer waardeketting.

Volgens Quantec Navorsing, is BAT SA se totale bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) ‘n geskatte R18,4-miljard, gelykstaande aan 0,52% van die land se algehele BBP. Die maatskappy het 2 100 mense in diens, koop goedere en dienste wat R6-miljard werd is vanaf plaaslike verskaffers en genereer R14,5-miljard aan belasbare inkomste.

Hierdie aanvanklike bydrae is slegs ‘n fraksie van die wye ekonomiese invloed van die maatskappy. Soraya Zouehid, die besturende direkteur, sê: “BAT SA is verantwoordelik daarvoor om 72 000 werksgeleenthede regoor die land in verskillende sektore soos kleinhandel, landbou, besigheidsdienste, vervaardiging en vervoer te ondersteun. Die meeste van hierdie geleenthede is in klein ondernemings en meer as 86% van die mense is swart Suid-Afrikaners.”

“Ons is baie trots op ons beduidende bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ons koop oor die 90% van al die plaaslike gekweekte tabakblaar wat R550-miljoen werd is. En ons ondersteun 5 800 plaas-werksgeleenhede. Met oor die 179 000 spazas, huiswinkels, tavernes en gerieflikheidswinkels wat ‘n inkomste maak uit die verkoop van ons produkte help ons ook om 25 000 werksgeleenthede in die kleinhandelsektor vol te hou,” sê Soraya.

Vir elke een werksgeleentheid by BAT SA word 32 bykomende geleenthede deur die wyer ekonomie geskep. Van die totale belastingbydrae is die maatskappy se aksynsbelasting R10,2-miljard, wat 27% van alle aksynsbelasting in Suid-Afrika verteenwoordig.

Soos Soraya verduidelik: “Ons het ‘n lang geskiedenis hier in Suid-Afrika en terwyl die vervaardiging en plaaslike tabak duurder is as op ander plekke, is ons daartoe verbind om dit vir so lank as moontlik te volhou.

“Ons kan en moet ‘n rol speel om Suid-Afrika  te help om sy nasionale prioriteite van ekonomiese groei, werkskepping en sosiale insluiting te lewer.”

 

Bron: British American Tobacco Suid-Afrika

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0