BRAZseed brei uit in Suid-Afrika

brazseed-feature
BRAZseed, die bekende saadmaatskappy van Brasiliaanse afkoms, is ’n leier in weiding in Afrika. Met hulle oortuiging van weiding is wins, is hulle veral bekend in Suid-Afrika en hulle het verspreidingspunte regoor die land.
Die gras kan met ’n proteïeninhoud van 18% gebaal word en die planttyd is vanaf September tot einde Februarie, daarom is dit wys om nou reeds jou beplanning te doen en jou saad te bestel. 50 000 hektaar Brasiliaanse gras word reeds ten volle in Suid-Afrika bewei en in die huidige seisoen gaan nog 50 000 hektaar gevestig word, sodat daar teen die einde van Februarie 100 000 hektaar bewei gaan word.
“BRAZseed is die enigste maatskappy wat die bullet saad verkoop en is die alleenverspreiders in Suid-Afrika. Geen ander Brasiliaanse gras kan meeding met ons nie,” sê Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZseed. Die bullet-tegnologie is ’n verpillingsmetode wat verseker dat die saad eers begin ontkiem wanneer daar genoeg vog in die grond is en dan keer niks die BRAZseed nie.
BRAZseed bied ’n droëlandkultivar en ’n besproeiingskultivar aan. Volgens Gielie is die een so goed soos die ander en presteer die gras beter hoe meer jy bemes. Die saad is geskik vir byna alle grondtoestande in Afrika. “Dit kan gebruik word vir direkte beweiding, staande hooi, kuilvoer, baal en deklaag vir vogbewaring. Dit is geskik vir ’n verskeidenheid diere soos vleisbeeste, melkbeeste, skape, bokke, perde en wild. Die gras word ook gebruik vir grondrehabilitasie en integrasie tussen gewasse,” sê Gielie. BRAZseed het nie net in Suid-Afrika reeds naam gemaak nie, maar ook in Namibië en Zambië.
Vanjaar se NAMPO Oesdag was ’n reuse sukses vir BRAZseed. Gielie sê: “Ons is baie opgewonde daaroor. Die oudste aanplantings het hulle hergroei na die droogte bewys. Veral in die droë saaigebiede waar die reën te laat gekom het, het BRAZseed ’n groot verskil aan die boere se inkomste gemaak, want dit was te laat om kontantgewasse te plant en BRAZseed kan tot einde Februarie geplant word,” sê hy. Die boere wat na die goeie reën van 15 Januarie BRAZseed geplant het, het meer as R15 000 per hektaar wins gemaak uit droëlandaanplantings. Die spilpuntgemiddeld was tussen 40 en 60 ton per hektaar. “Ons wil vir boere groot hoop gee en die groei van die laaste ses jaar bewys ons kan,” sê Gielie.
Hierdie is geen wondergras nie, maar wanneer boere die voorskrifte volg, is dit suksesvol. Die grootste voordeel van hierdie gras is dat dit meerjarig is. “In Namibië by Grootfontein het boere onder spilpunt tot R3 000 per ton vir hulle gebaalde BRAZseed-gras gekry,” voeg hy by. Volgens Gielie maak die gras dit moontlik dat boere met klein plase met meer beeste kan boer en sodoende ’n groter inkomste kan verdien. Koos Steyn, ’n boer tussen Hartbeesfontein en Coligny, boer al vir die laaste 58 jaar en hy sê in die 58 jaar was daar nog nooit ’n gras wat soveel sukses soos BRAZseed onder besproeiing behaal het nie. Koos sê wat hom die meeste beïndruk is die vinnige hergroei na sny en baal, so hy kan rondte een sny en baal en rondte twee bewei.
Wat Koos in al die jare nog nie op sy plaas kon regkry nie, kry hy nou reg. Al BRAZseed se voorraad is verkoop, en die nuwe voorraad kom nou in. So skakel dringend vir Gielie as jy wil voorraad hê.
Skakel Gielie Niewoudt gerus met meer navrae oor hierdie saad by 084-8000-193 of stuur vir hom ’n e-pos na gielie@brazseed.co.za.

