Brandstofpryse kan moontlik nou weer styg

Petrol-pump
Hoër internasionale brandstofpryse en ‘n verswakte rand teenoor die Amerikaanse dollar verhoog die moontlikheid dat motoriste aan die begin van Augustus meer vir brandstof gaan betaal.
So sê die Automobiel Assosiasie (AA) wat kommentaar lewer op die ongeouditeerde middelmaand brandstofdata wat deur die Sentrale Energiefonds vrygestel is.
“Daar was ‘n geringe afname in die internasionale petrolprys, maar diesel en paraffien is duurder. Ons middelmaandvoorspellings is dat die petrolprys sal verhoog met 7c ‘n liter, diesel met 22c per liter en paraffien met 19c,” sê die AA.
Bron: AA