Categories: NuusPublished On: 22nd June 2017

Brandstofprys moontlik laer

By 1 min read

brandstof

Die rand se waarde en die afname in die olieprys kan moontlik veroorsaak dat die brandstofpryse nog daal. So sê die Automobiel Assosiasie (AA) wat kommentaar lewer op die ongeouditeerde middelmaandse data deur die Sentrale Energiefonds (CEF).

Dit lyk tans of padgebruikers kan kyk na ‘n afname in die petrolprys van tussen 60c en 64c per liter aan die einde van die maand, vir diesel kan daar ‘n 60c en paraffien ‘n 57c verlaging wees.

“Die Rand het meestal stabiel gebly teen die Amerikaanse dollar in die eerste helfte van Junie wat maak dat die brandstof met 3c per liter kan afkom,” sê die AA.

Die AA sê die brandstofpryse sal onder druk kom as die drie groot graderingsagentskappe SA tot rommelstatus verklaar.

Bron: AA

0
0
Views: 131Comments Off on Brandstofprys moontlik laer

Deel hierdie artikel.

0
0