Bonus vir boere: Revaro Agri bied in samewerking met AgriBonus meer vir boere

Revaro Agri
AgriBonus (AB) is die eerste lojaliteitsprogram wat spesifiek ontwerp is om boere te beloon vir die lojaliteit wat hulle teenoor sekere handelsmerke toon.
Die AgriBonus-lojaliteitsprogram
Boere word met AgriBonus-punte beloon wanneer hulle produkte by uitgesoekte vennote aankoop. Hierdie vennote is gekies omdat hulle markleiers in hulle onderskeie velde is.
Hoe werk AgriBonus en wat is dit presies?
AgriBonus se vennote, soos Revaro Agri is gekwalifiseerde landboukenners en is spesiaal gekies om net die beste produkte aan boere te verkoop. AgriBonus en Revaro Agri waardeer die feit dat boere en klante weet wat hulle wil hê en dat boere en klante ook verwag dat vennote indiwidue se behoeftes verstaan.
Die AgriBonus-program is beskikbaar vir die hele boeregemeenskap in Suid Afrika, en dit is boonop gratis! Revaro Agri wil jou graag beloon vir die spesiale persoon wat jy is, ‘n opreg-gewaardeerde klant.
AgriBonus is toegewyd daartoe om langtermynverhoudings met maatskappye waarmee boere hulle vereenselwig te bou.
Soos met ander lojaliteitsprogramme, kan AgriBonuslede punte verdien deur aankope te maak by Revaro Agri op enige van hul toerusting soos laaigrawe, vurkhysers, mini-laaigrawe, TLB’s, kragopwekkers en selfs skid steers.
Hoe werk AgriBonus-punte en wat hou dit in vir die boer?
Soos met ander lojaliteitsprogramme, verdien AgriBonus-lede punte deur aankope by ‘n reeks diensvennote, almal markleiers op hulle eie gebied.
Hoe meer punte ‘n AgriBonus-lid verdien, hoe hoër is sy status en hoe beter die voordele en toekennings waarvoor sy punte ingeruil kan word. As ‘n AgriBonus-lid verdien jy punte wanneer jy Revaro Agri ondersteun deur die aankoop van enige toerusting.
Hierdie punte kan gebruik word vir eksklusiewe wegbreekvakansies, elektronika, huishoudelike toestelle, kampeertoerusting of enigiets wat jou hart begeer. Jy kan selfs jou geld skenk aan ‘n verdienstelike instansie van jou keuse, soos jou plaaslike skool of die “Endangered Wildlife Fund” om ons renosters te red.
Die heel belangrikste en opwindende gedeelte van die AgriBonusstelsel is die inruil van toekennings of produkte van vennote. Om te kwalifiseer vir ‘n toekenning, moet die lid oor genoeg punte beskik. Besoek gerus www.thebonusshop.co.za vir meer inligting.
AgriBonus-produkte
Die Bonuswinkel stel boere en kliënte ook in staat om produkte teen onverbeterlike pryse te verkry. As jy geen produkte sien waarin jy belangstel nie, kan jy gerus die dienssentrum kontak en een van die vriendelike personeellede sal jou bystaan.
Kan ek my punte omruil vir kontant?
AgriBonus behou alleenreg vir die uitreiking van toekennings, dus mag die punte nie in kontant uitbetaal word nie, maar AgriBonus kan vir jou enige diens of produkte ondersoek, wat dan met jou punte gekoop kan word.
Vir meer inligting oor Revaro Agri en AgriBonus

Vir meer inligting oor Revaro Agri se produkte en toerusting, besoek hulle webwerf by https://revaroagri.co.za/, of gaan kuier by hulle vertoon lokaal by 125 R114 (hoek van Beyers Naude Rylaan), Muldersdrift.

Vir meer inligting oor die AgriBonus-lojaliteitsprogram, besoek gerus hulle webwerf by https://www.agribonus.co.za/index.php/en/ of skakel die AgriBonus-dienssentrum by 012-843-5660, of stuur ‘n e-pos na info@agribonus.co.za.

