Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 1st August 2023

Bonsmara Genepoel Lenteveiling 16 Augustus 2023

By 6 min read
1153 words

bonsmara

Huidiglik is die kernkudde verdeel tussen die lede vir praktiese doeleindes. Die lede kies jaarliks op ‘n rotasiebasis bulle vir eie gebruik vanuit die rotasiebul groep. Op hierdie wyse word die genetiese vordering wat binne die Bonsmara Genepoel familie bereik word aan die bedryf beskikbaar gestel. Die hoë-kwaliteit bulle en vroulike diere wat sedert 1983 bemark word en die tevredenheid van die kliënte is sprekend van die sukses van die konsep en dit ondersteun Bonsmara Genepoel se leuse, naamlik “waarde vir geld”.

Kontak Wiep Joubert by 082-771-1372 vir meer inligting of besoek hul Facebookblad: https://www.facebook.com/Bonsmara-Genepoel-Bonsmara-Genepool-1676674829288098

Op aanbod: 

Dagboek 16 Augustus 2023 om 11:00 vir Bonsmara Genepoel se Lenteveiling by Vryburg Skougronde. 

Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien

Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.

Bonka Bonsmara kudde

Bonka Bonsmara se teeldoelwitte is eenvoudig en fokus op funksionele, doeltreffende beeste geteel en geselekteer onder ekstensiewe veldtoestande, om wins uit gras te genereer met minimum insette. Aanpasbaarheid, konstitusie op die veld, vrugbaarheid, groei, top kloue en minimum inset beeste, asook weiveld bestuur is vir Bonka Bonsmara sentraal tot ons sukses.

Bonka Bonsmara stoet bestaan sedert 1975 in die Kalahari. Die kuddenaam Bonka is ‘n samevoeging van die “Bon” in Bonsmara en die “Ka” in Kalahari. Die Bonka kudde voorvoegsel is OB. Bonka Bonsmara is ook ‘n stigterslid van die BG stoet-groepteelskema in 1981. Omdat ons self ‘n winsgewende en volhoubare stoet- en kommersiële kudde, asook ‘n ekstensiewe osstelsel van die veld af bedryf, weet ons dat ons genetika werk!

Benewens die twee BG produksieveilings in April en Augustus op Vryburg, bied ons die jaarlikse Bonka Bonsmara & Marais Bonsmara produksieveiling in Mei maand in Kuruman aan. Op hierdie produksieveiling word bulle en top Kalahari vroulike diere bemark. Bulle word ook op die jaarlikse Kuruman bul & ram veiling in Augustus bemark. Telers besoeke is welkom op afspraak.

Kontak hulle gerus: Gert Olivier 083-320-4090 of Johan Olivier 072-383-8455. gertc.olivier@gmail.com, www.facebook.com/BONKABONSMARA

Kruger Bonsmara

Kruger Bonsmara is geleë op Waterpaslaagte in die Boshof-distrik, in die Wes-Vrystaat. Die kudde bestaan uit sowat 800 vroulike stoetdiere, en ‘n kommersiële kudde. Ons hou vier veilings per jaar: In Maart, saam met Leeuwheuvel Boerdery in Christiana, Genepoel se Herfs en Lente veilings, en in Oktober, weer saam met Leeuwheuvel, op Waterpaslaagte. Met hierdie veilings bied ons sowat 90 bulle en ‘n groot hoeveelheid kommersiële vroulike diere aan.

Ons dek ons verse reeds op 12-14 maande, waarna hulle dan op ‘n 20-22 maande ouderdom kalf. Dit het tot gevolg dat elke vroulike dier potensieel ‘n ekstra kalf in haar leeftyd produseer.

Vrugbaarheid van vroulike diere is ononderhandelbaar, en ons handhaaf ‘n 85-90% besettingsyfer deur die kudde.

Die kudde word deur Frikkie Kruger, en sy seun, Philip bestuur.

Kontak Frikkie Kruger by 083-702-2771 of besoek sy webblad. https://www.facebook.com/krugerbonsmara

Tlakgaming Bonsmaras

Tlakgaming Bonsmaras was gestig in 1969 deur Len Lee. Dit was oorspronklik opgeteel van Afrikaner tipe beeste. Die doel was om ‘n bees te teel wat gehard genoeg was maar wat ook genoeg vleis dra om volhoubare boerdery te verseker. Die beeste loop op natuurlike kalahari doringveld weiding met minimale byvoeding. Die kudde bestaan uit 300 geregistreede koeie en 300 kommersiele koeie. Dit is  gelee 110km NW van Vryburg in die Tlakgaming distrik wat n baie sanderige gebied is. Len Lee was ook een van die stigterslede van die Bonsmara Genepoel. 

Ons poog om ‘n medium raam dier te teel wat goed aanpas in enige gebied . Ons het die voordeel dat ons ook vir kloue kan selekteer weens ons sanderige omgewing. Die diere word ook aan bosluis galsiekte en hartwater bloot gestel daarom pas hulle aan in enige gebied. Ons het twee dekseisoene wat die dek van verse vergemaklik, hulle kan dan op 18 maande gedek word om op 2,5 jaar te kalf. Die stelsel is baie eenvoudig – bulle is 3 maande in en dan 3 maande uit.

Intensiewe fase D word ‘n maand na speen gedoen. Die rede hiervoor is dat die jong bulle vinniger reg is om gebruik te word en op die manier is minder bulle nodig wat spasie vat. Die bulle word dan op 2,5  en 3 jarigé ouderdom bemark. Om die bulle so jong te gebruik veroorsaak ‘n korter generasie interval wat beteken vinniger vordering kan gemaak word en terselfde tyd is dit ook ‘n goeie toets op die bul se gehardheid.

Die kudde  neem ook deel aan ‘n paar vetvee skoue gedurende die jaar. Dit is ‘n baie goeie geleentheid om die kudde te vergelyk met ander. Dit is dieselfde in die geval met die groep teelskema en groep veling. Jy kom gou agter of jy op die regte spoor is of nie.

Die kudde bemark twee keer per jaar op die Bonsmara Genepoel veiling nl,  April en Augustus . Behalwe vir die bulle word eerste kalf koeie en kalwers in April bemark en in Augustus dragtige verse. 

Kontak Carey Lee by 073-232-8100. Of besoek hul Facebookblad by: https://www.facebook.com/tlakgamingbonsmarasLEL

LHB Bonsmara

Ons is ‘n familie boerdery van af 1942. Op die stadium boer my Pa JF, my Broer Henno en ek self Schalk van der Merwe op Leeuwheuvel in die Wes-Vrystaat.

Ons is hoofsaaklik aartappelmoerkwekwer wat baie geleenthede skep vir die LHB Bonsmara Stoetkudde.

Ons hou daarvan om ons werk te meet, so daarom het ons besluit om met ‘n stoetery te begin in 2009. Ons het ons kommersiëlekudde aangebied vir basiskeuring en dit is waar ons LHB kudde begin het. Later het ons dr Neels Boyens se hele kudde gekoop en op die manier het ons betroke geraak by Bonsmara Genepoel. Dit is waarlik ‘n groot voorreg om met ou bekende telers skouers te skuur. Vir ‘n jong teler soos myself is dit van onskatbare waarde in die groter prentjie van telling.

Ons doel is om vrugbare diere te teel wat op enige plek sal aanpas en floreer. Ons wil graag vir die kommersiële teler ‘n meerwaardige bulle teel wat vir hulle sal waarde toevoeg tot hulle kuddes.

Om met Bonsmaras te werk is my passie, genetika is so wyd soos wat dit kan wees. Om te teel en die regte parings te doen, om aan die einde van die dag by jou doelwit uit te kom is absoluut satesverend.

Kontak JF & Schalk van der Merwe by 082-551-2598 of besoek hul Facebookblad: https://www.facebook.com/leeuwheuvelbonsmaras

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0