Categories: NewsPublished On: 24th May 2017

Bokhaarmark versterk

By 1 min read
122 words
angora

Angora+Goat

Die sybokhaarmark het voortgegaan met ‘n opwaartse neiging by die voorlaaste veiling van die 2017 somer verkoopseisoen ondanks die sterker Rand.

Die redelike groot aanbod het bestaan uit goeie gehalte sybokhaar in die algemeen en die beter kwaliteit bokhaar het ekstra aandag van die kopers ontvang. Die Rand het met 4,2% teenoor die Amerikaanse Doller versterk in vergeleke met die vorige veiling en teen R13,10 verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser was 1,0% duurder om op R197,83/kg te sluit. Die gemiddelde prys vir kleinbokkiehaar het met 4,2% gestyg tot R309,91/kg terwyl jongbokhaar 0,7% duurder teen R230,04/kg verkoop is. Fyn grootbokhaar pryse was onveranderd op R202,95/kg terwyl sterk grootbokhaar 0,4% hoër gesluit het teen R189,22/kg.

Die volgende sybokhaar veiling sal op die 6de Junie 2017 plaasvind.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0