Bokhaarmark effe ligter

Angora+Goat
Die sybokhaarmark het goeie prysvlakke gehandhaaf, ten spyte van ‘n sterker Rand, met die gemiddelde markaanwyser wat slegs met 1,1% gedaal het om op R289,03/kg te sluit. Alhoewel gemiddelde pryse van jongbok- en grootbokhaar effe gedaal het, het die vraag na kleinbokkiehaar ferm gebly met ‘n marginale toename van 0,6% om op R405,51 te sluit. Huidige prysvlakke is behaal ondank die feit dat nie al die kopershuise aktief op die veiling meegeding het nie.
Die Rand het teen R14,23 teenoor die Amerikaanse Dollar en R16,50 teenoor die Euro verhandel. Die Rand het met 1,1% teenoor die Dollar en 2,7% teenoor die Euro versterk in vergeleke met die gemiddelde koers van die vorige veiling.
Die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar het 2,6% goedkoper gesluit op R322,88/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het 2,6% laer gesluit op R297,24/kg en sterk grootbokhaar het 2,3% goedkoper verkoop teen R287,01/kg.
Die volgende veiling van die 2018 winter verkoopseisoen sal op 6 November 2018 plaasvind.
Bron: BKB