Bokhaarpryse styg verder

Angora+Goat
Verkope van veral grootbokhaar was baie goed op die derde veiling van die winter verkoopseisoen.
Die toetrede van ‘n nuwe koper, Tianyu SA (Pty) Ltd, en die swakker Rand het bokhaarpryse opwaarts gedring. Die Rand het met 2,9% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak in vergeleke met die vorige veiling en het teen R13,32 verhandel.
Sterk mededinging het tydens die veiling geheers en die gemiddelde mark aanwyser het 5,7% duurder gesluit op R202,34/kg. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 2,8% gestyg na R271,31/kg terwyl jongbokhaar 4,2% duurder verhandel is teen R226,86/kg. Fyn grootbokhaar was 4,9% duurder op R213,30/kg en sterk grootbokhaar was 4,4% duurder verhandel teen R199,649/kg.
Die volgende veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 17 Oktober 2017.
Bron: BKB