Categories: NewsPublished On: 22nd November 2017

Bokhaarpryse styg verder

By 0 min read
94 words
bokhaar

Angora+Goat

Die bokhaarmark het verder verstewig op die tweede laaste veiling van die winter seisoen ten spuite van ‘n sterker wisselkoers.

Goeie kompetisie tussen kopers was duidelik sigbaar, veral op goeie gehalte lotte en die gemiddelde mark aanwyser het met 3,6% gestyg om op R234,00/kg te sluit. Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 4,1% gestyg na R304,83/kg, jongbokhaar het ook 4,1% duurder verhandel teen R262,85/kg. Fyn grootbokhaar was 4,8% duurder op R247,96/kg en sterk grootbokhaar was 2,8% duurder op R231,31/kg.

Die laaste veiling van die winter verkoopseisoen is geskeduleer vir 5 Desember 2017.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0