Categories: Energy, NewsPublished On: 22nd December 2014

Boere wen met Shell en AgriBonus se nuwe lojaliteitsprogram

By 2 min read
303 words
Boere wen met Shell en AgriBonus se nuwe lojaliteitsprogram
Artikel verskaf:
 
Goeie nuus vir boere is Shell se vennootskap met AgriBonus om ’n nuwe voordeleprogram spesiaal vir boere te bied.
 
Boere kan deur AgriBonus punte verdien om opwindende geskenke soos gratis vlugte na eksotiese bestemmings, bakkies, veldmotorfietse en rekenaars te kry. Die punte word verdien deur aankope by ’n verskeidenheid diensvennote wat almal markleiers op hulle gebiede is.
“AgriBonus is een van die land se oudste lojaliteitsprogramme wat sy lede en klante ’n multispektrum van winkels bied om uit te kies,” sê Lutz Nel, AgriBonus se besturende direkteur.
 
As deel van die ooreenkoms sal Shell brandstof en smeermiddels aan AgriBonus-deelnemers verskaf. Dit stel boere in staat om punte te verdien deur hulle hardwerkende masjinerie met net die beste brandstof en smeermiddels te troetel. Shell se voorkeurverspreiders, wat ’n waardetoegevoegde diens aan hulle klante in die landboubedryf bied, sal die brandstof- en smeermiddelverskaffing van die program bestuur.
 
“AgriBonus word deur bedryfsleiers voortgestu om vir die onderskeie handelsmerke in die program ’n mededingingsvoordeel te bied,” sê Lutz. Die program is ontwerp om Shell se voorkeurverspreiders te bevoordeel deur blootstelling van hulle reklamemateriaal, deur hulle toegang tot ’n nuwe klantebasis te gee, deur hulle te help om klante te behou en deur hulle toegang te gee om hulle gegewens te bestuur. Voorts sal die vennootskap met AgriBonus Shell-voorkeurverspreiders veelvuldige kontakvlakke bied om te kommunikeer en handelsmerklojaliteit te bevorder.
 
Die program sal so saamgestel word dat klante wat Shell Diesel Extra van deelnemende Shell-verspreiders koop, dadelik dubbelpunte sal ontvang. Hulle kan hierdie punte vir ’n verskeidenheid pryse inruil of aan liefdadigheid skenk.
 
Vir klante se gerief is Shell se onafhanklike brandstofverspreiders regoor die land geleë om doeltreffende dienslewering aan landbou en landbouklante te bied. Enige boer kan deur die AgriBonus-program maklik bepaal wie sy plaaslike onafhanklike Shellverspreider is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0