Categories: NewsPublished On: 28th October 2016

Boere: Goedkoper diesel ‘n werklikheid

By 2 min read
358 words
brandstof

brandstof

‘n Unieke ooreenkoms vir die verkryging van goedkoper diesel wat by sekere vulstasies aangekoop word is deur Kiaranix en Business Innovations met TLU SA gesluit. TLU SA het die alleenreg om dit in die landbou-waardeketting bekend te stel. Dit is net van toepassing op sekere leweransiers naamlik Shell en Engen regdeur die land. Dit is ‘n welkome geskenk in die jaar wat TLU SA 120 jaar oud word.

Louis Meintjes, president van TLU SA, het dit beklemtoon dat boere weinig aan die mark kan doen met dié dat hulle prysnemers is. Aan die insetkoste kant is daar egter aspekte wat aangespreek kan word ten einde winsgewendheid te bevorder. Hierdie is een so saak.

‘n Besparing van 70c per liter word verkry deur die dieselkaart wat deur TLU SA bestel kan word. In hierdie stadium is daar nie ‘n voordeel vir massa-lewerings wat op die plase gedoen word nie. Op bande en ander produkte by Supa Quick en TrenTyre kan ook afslag van tussen 37% en 58% gekry word.

‘n Baie eenvoudige proses maak dit baie verbruikersvriendelik.

Vir meer inligting en om te registreer kan enige van die ondergenoemde agente gekontak word om ook u besparings in werking te kan stel.

Naam Area Kontaknommers E-pos
Wilma Prinsloo Pietersburg  

015-293-9804/082-555-4553

 

 

wilma@ntlu.co.za

 

Chris Myburg Stoffberg  

082-417-2170

 

chrismyburg@ctecg.co.za
Izelle Enslin-Jacobs Pietersburg  

082-338-6601

 

pietersburgdlu@gmail.com
Runel Matthews Pretoria  

012-804-8031/081-761-4854

 

 

tlu@tlu.co.za

 

Elzet Rautenbach Vrystaat  

082-358-3104

 

bielie.bonsmaras@gmail.com
Hendrik Marnewick Lichtenburg  

082-465-3010

 

marzs6wick@gmail.com
Erika Helm Soutpansberg  

079-699-6032

 

erikahelm@mweb.co.za

 

Verdere geakkrediteerde persone wat tans in opleiding is sal mettertyd by die lys gevoeg word.

Die aansoekvorms is ook beskikbaar op TLU SA se webblad by www.tlu.co.za.  Die voltooide vorms moet dan aan die naaste agent gestuur word. TLU SA lede kan aansoek doen om as agente geakkrediteer te word.

Vir algemene navrae kan Anne-Marie gekontak word by TLU SA se hoofkantoor by 012-804-8031

 

Bron: TLU SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0