Categories: NewsPublished On: 6th July 2016

Boere bestry Waterwese se rekeninge

By 1 min read
185 words

TLU sa logo

TLU SA het ’n geruime tyd gelede ’n dispuut met die Departement Waterwese verklaar oor waterrekeninge wat uitgereik word aan boere.

TLU SA se dispuut spruit daaruit dat:

  • Die fakture wat Departement Waterwese uitreik nie korrek is nie, en in baie opsigte gebrekkig is.
  • Departement Waterwese se watergebruik-fakture dui nie aan hoe die bedrag verskuldig bereken is nie.
  • Watergebruik-fakture word uitgereik vir waterverbruik waar daar glad nie eers water beskikbaar is nie.
  • Watergebruik-fakture word uitgereik sonder om aan te toon hoe die hoeveelheid waterverbruik gemeet is.
  • Die rekeninge spesifiseer ook nie watter dienste gelewer is nie.

Die dispuut word jaarliks met Departement Waterwese herbevestig. TLU SA het onlangs weer ’n regsopinie van ’n senior advokaat wat in waterreg spesialiseer gekry, wat bevestig dat die dispuut op goeie gronde staan.

TLU SA gaan nou binnekort die lys van boere wat deel van die dispuut is sluit. Die organisasie het almal wat reeds deel van die dispuut is versoek om hulle besonderhede te herbevestig by wilma@ntlu.co.za. Ander boere wat by die aksie betrokke wil raak, moet ook hulle besonderhede deurstuur.

Bron: TLU SA Noord

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0