Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 18th June 2019

Boer vooruit met die regte spilpunt: SENTER360 beïndruk boere opnuut by NAMPO

By 3 min read
541 words

Senter1

“By SENTER360 is ons trots daarop dat ons nie slegs produkte verkoop nie, maar dat ons ook langtermynverhoudings met ons kliënte bou deur ՚n waardepakkie van uitstekende gehalte en diens te verskaf,” sê Theuns Dreyer, besturende direkteur van SENTER360.

Die SENTER360-spilpunt wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig word, is bekend vir sy uitmuntende gehalte en sterkte bo die bedryfstandaard. Die maatskappy is al vir meer as 25 jaar deel van die besproeiingsbedryf met groeiende sakebelange in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld.

Theuns sê by SENTER360 is spilpunte hulle lewe. “Juis daarom bou ons nie net ՚n sterk en taai struktuur nie, maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ՚n groot verskil in jou alledaagse lewe kan maak.”

Strukturele stabiliteit

Die beheerpaneel van SENTER360 is maklik om te verstaan en het al die funksies wat jy nodig het vir afstandbeheer.

SENTER360 se vakwerkysters is van pyp vervaardig wat ligter as die algemeen gebruikte hoekyster is. Dit bied die voordeel dat twee stelle vakwerkysters meer per toring gebruik kan word, wat sorg dat die struktuur buitengewoon sterk is.

Boonop het die pypstruktuur minder windweerstand en dit is die rede waarom

SENTER360-spilpunte windsnelhede van 158 km per uur (in die veld gemeet) kan weerstaan sonder enige skade; weer eens ook die rede waarom geen SENTER360 spilpunt in die onlangse stormwinde omgewaai het nie (die enigste fabrikaat wat bly staan het!). Standaard langer aandryfbalke, stewige toringstutte, stabiliseerstawe en diagonale versterkings dra by tot dié uitsonderlike standvastigheid.

Skeppende beheerpaneel-reeks

Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp, wat die grondslag van die hele SENTER360-spilpuntontwerp uitmaak, word ook op die beheerpaneelreeks toegepas.

As “basiese” beheerpaneel gebruik SENTER360 ՚n paneel vergelykbaar met die top reeks van ander fabrikate.

Dit het die volgende standaardfunksies:

• aan-/afskakel

• terugvoer as die spilpunt staan

• direkte toedieningverstelling (mm)

• posisiebepaling

• druk-aanskakel en laedrukskakeling

• kan deelsirkels en sektore met wisselende toediening op elke sektor besproei

• outomatiese omdraai met wisselende toediening met die omdraai

• skeduleringsopsies en vele meer!

Alle SENTER360-panele kan met jou selfoon*, tablet, rekenaar of basisstasie beheer word deur ՚n “van-die-rak”-kommunikasie-eenheid van jou keuse (GPRS/selfoon-netwerk, WiFi of radio-eenheid) op enige nuwe of bestaande** SENTER360-beheerpaneel, in te prop.

Volle pompbeheer, VSD-beheer en terugvoer is ook beskikbaar vir dieselfde stelsel.

Theuns Dreyer van SENTER360 in ligte luim op hulle standplaas by NAMPO waar daar opnuut bande gesmee is met boere wat die Suid-Afrikaanse staatmakerspilpunt gebruik of wil gebruik.

Hou die laaste sprinkelaar skoon

Een van die meer algemene probleme met spilpunte is dat die laaste sprinkelaar geneig is om verstop te raak. SENTER360 het met ’n slim, dog eenvoudige, oplossing vorendag gekom om die laaste sprinkelaar deurlopend skoon te hou.

SENTER360-spilpunte word standaard toegerus met drukgereguleerde Komet Twister-sprinkelaars teen 10 psi (0,7 bar) of opsionele 6 psi (0,42 bar) wat aan hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaatstoestande.

Swaardiensratkaste en -motors

Die standaard aandrywing van die SENTER360 spilpunt bestaan uit ՚n swaardiens-wielratkas met ՚n gratis opsionele vyfjaar-waarborg, wat deur ՚n 0,56 kW (40:1) motorratkaskombinasie aangedryf word (30:1 en ander is opsioneelbeskikbaar.)

*  Android, IOS en ander

**Ouer panele se beheer is beperk tot: aan/af, mm-verstelling, loop-/staanterugrapportering.

Kontak SENTER360 by 018-469-1331 of 082-564-5955 vir jou volgende Suid-Afrikaanse spilpunt.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0