Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 2nd June 2025

Boer slimmer, nie harder: Valtrac wys hoe by NAMPO 2025

By 5 min read
921 words

DSC_0615

Suid-Afrikaanse boere weet: om winsgewend te boer in vandag se uitdagende landbouklimaat vra toerusting wat nie net sterk is nie, maar ook slim werk.

By NAMPO 2025 het Valtrac weer gewys hoekom hulle die vennoot is waarop boere kan staatmaak. Valtrac se standplaas met demonstrasies en produkbekendstellings het nie net tegnologie ten toon gestel nie — dit het praktiese oplossings vir die plaasgrond gebring.

Valtra N135 met “lig & laai” praktiese demonstrasie

Een van die aandagtrekkers by Valtrac se standplaas by NAMPO vanjaar was die Valtra N135 met die “lig & laai” funksie, wat boere toegelaat het om self agter die stuur van die trekker in te klim slim en vernuwende tegnologie
eerstehands te ervaar. Hierdie demonstrasie het nie net belangstelling gelok nie, maar dit het ook boere se  vertroue bevestig in ՚n trekker wat sowel presies as aanpasbaar is. Dit is mos nou waarvan boere hou!

“Met die “lig & laai” -tegnologie gee ons boere die geleentheid om self te beleef hoe maklik, vinnig en akkuraat ՚n laaiproses met hierdie trekker afgehandel kan word. Dit wat jy laai, word ook onmiddellik geweeg, wat vir jou eerstehandse, akkurate data op ՚n strokie voorsien,” verduidelik Devin Dedwith, mededirekteur van Valtrac.

“Ons wil hê boere moet dit self ervaar – nie net sien nie,”sê Devin.

Ander vlagskipprodukte

Nog ՚n gunsteling by Valtrac se standplaas was die ou bekende staatmaker – die Pottinger Novacat 300 Alpha Motion-snyers. Dié snyers is sinoniem met duursaamheid, betroubaarheid en doeltreffende snyvermoë, en dit is presies waarom boere keer op keer na hulle terugkeer. Met die vermoë om dubbel die werkverrigting met slegs een trekker en een operateur te verrig, bespaar die Novacat tyd en brandstof sonder om op gehalte in te boet.

“Hierdie snyers is ook toegerus met kneusers vir gewasse soos lusern,” verduidelik Devin. Dít beteken vinniger droging, beter gehalte voer en minder verliese — alles in een slim, robuuste stelsel. Pottinger bly ՚n naam waarop Suid-Afrikaanse boere kan vertrou, en die Novacat 300 Alpha Motion is nog ՚n bewys daarvan.

Terug op gewilde aanvraag, en sterker as ooit tevore, het die AARPploeë vanjaar weer ՚n prominente plek op Valtrac se standplaas ingeneem. Hierdie indrukwekkende reekse is nou in voorraad tot en met ՚n tienvoormodel, wat boere selfs meer keuses en kapasiteit bied. Die agtvooromkeerploeg met wegbreekaksie het spesiale aandag by NAMPO getrek. Die wegbreekaksie sorg vir beskerming teen klippe en obstruksies, wat die ploeg geskik maak vir wisselvallige grondtoestande.

Devin sê: “Of jy nou op groter skaal ploeg of hoë produksiedoeltreffendheid nastreef, AARP bied ՚n beproefde oplossing vir moderne boere wat nie met minder as die beste tevrede is nie.”

Nog ՚n aandagtrekker was die Major Cyclone-snyer – ՚n robuuste snyer wat spesiaal ontwerp is vir doeltreffende gewasrestebestuur. Devin verduidelik dat hierdie snyer uiters geskik is om reste van gewasse soos mielies en katoen kort af te sny en fyn te versnipper, sonder om dit in windrye te gooi. In plaas daarvan word die materiaal egalig agter die snyer versprei, wat help om grondbedekking te verbeter en voorbereiding vir die volgende plantseisoen te vergemaklik.

Boonop is die Cyclone-snyer geskik om dekgewasse of stoppels netjies en volledig te sny. Hierdie werktuig is die perfekte hulpmiddel vir boere wat hulle grond wil voorberei sonder om op spoed of gehalte in te boet – vinnig, netjies en betroubaar. Nog ՚n werktuig wat vanjaar boere se aandag getrek het, is die Tatu PDCP-fynsaadplanter – ՚n indrukwekkende oplossing vir presisie-plantwerk in geenbewerkingstelsels. Hierdie planter is spesifiek ontwerp om delikaat, maar akkuraat te werk, selfs in moeilike grondtoestande.

“Wat hierdie planter uniek maak, is dat dit ՚n geenbewerking-fynsaadplanter is. Die planter is ook toegerus met ՚n groot snyskottel, ՚n groot verspringing tussen die voorste en agterste saairygedeeltes, en ՚n drukwiel aan die agterkant,” verduidelik Devin.

Die ontwerp maak voorsiening vir presisie en betroubare saadplasing, terwyl dit die grondstruktuur ongeskonde laat. Die Tatu PDCP beskik ook oor twee aparte houers, wat boere in staat stel om gelyktydig saad en kunsmis toe te dien – ՚n groot voordeel vir boere wat koste wil bespaar en opbrengste wil verhoog. Hierdie planter is ՚n uitstekende keuse vir boere wat op soek is na tegnologie wat werklik saamspeel met hulle bewaringsboerderypraktyke.

Laaste, maar beslis nie die minste nie, was die APV PS1600 M1- en PS300 M1-druklugsaaiers. Hierdie saaiers is geskik vir egalige saadverspreiding, met presisie en doeltreffendheid in elke ry. Die PS1600 se tenk hou 1 600 liter en sy standaard van 16 uitlate kan aangepas word tot selfs 32 uitlate – perfek vir groter aanwending en vinniger werk.
“Hierdie APV-reeks strek van 40 liter tot en met 1 600 liter. So, indien jy moet strooi of saai, Valtrac het die oplossing vir jou,” voeg Devin by.

Valtrac – jou vennoot in boerderytoerusting- en tegnologie

By NAMPO 2025 het Valtrac gewys dat hulle nie bloot produkte verkoop nie – hulle bou vennootskappe. In ՚n tyd waar elke besluit op die plaas saak maak — van brandstofverbruik tot werktuigkeuse – gee Valtrac boere die sekerheid dat hulle toerusting nie net die taak kan hanteer nie, maar dit met styl, presisie en betroubaarheid kan doen.

NAMPO 2025 het dit weer duidelik gewys: wanneer tegnologie, boerdery, landbou-ervaring en ՚n ware begrip van plaasbehoeftes saamkom, gebeur daar iets besonders. Valtrac bring nie net trekkers, toerusting en werktuie na boere nie … hulle bring oplossings, vennootskappe, vertroue en legendariese naverkoopdiens. “Ons boere verdien toerusting wat werk en mense wat agter hulle staan,” sluit Devin af.

Vir meer inligting oor Valtrac se toerusting, trekkers en werktuie, besoek hulle webwerf
by www.valtrac.co.za, maak kontak met Attie de Villiers by (+27)83-261-9863 of (+27)56-817-8006, of stuur ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0