Blink beeste, beter bod by Buckridge Bonsmara se vyfde produksieveiling

YT_Tumbnail
Groot sukses is behaal met Buckridge Bonsmara se vyfde produksieveiling in Februarie by Tlakgameng Veilingskrale. Met uitstaande genetika, topgehalte bulle en vroulike diere, en ‘n sterk kopersbelangstelling van kopers van so ver soos Aliwal-Noord, het die veiling alle verwagtinge oortref.
Telers en kommersiële boere het hulle vertroue in Buckridge se beeste bevestig met mededingende bodpryse, wat weer bewys dat hierdie stoet ‘n toonaangewende naam in die Bonsmara-bedryf is.
Die duurste bul, Lot 6, BF 21-231, ook ‘n seun van SYF 17-256, is verkoop aan Paul Roos van Bonro Bonsmaras van Vrede vir R200 000.00 deur SwiftVee se aanlynplatform.