BKB Vroue Seminaar

WhatsApp Image 2022-07-18 at 1.35.50 PM
BKB saam met Rhodes Events bied hierdie vrouemaand ‘n Vroue Seminaar aan ter feesviering van VROUE!
Ons visie:
Die landbou wêreldwyd het verander na die vernaamste ekonomiese aktiwiteit. Die nuwe “darling” agv aardverwarming, ens. Landbou se rol om aardverwarming teè te werk, lê groot in die toekoms.
Die hoofdoel van die seminaar is om die langtermyn oorlewing van landbou ondernemings te verseker en spesifiek die rol wat landbou vroue hierin moet speel.
• Die vyande van landbou besighede is onderandere dat landbou ondernemings al hoe groter word en ook die onverwagte afsterwe of siek word van die hoof van hierdie landbou ondernemings.
• Die rol wat ma’s speel in die vernietiging van hierdie landbou ondernemings.
Die nuwe klimaat waarin landbou funksioneer is geweldig positief as gevolg van ‘n “Post-Covid” ekonomie is daar nou aanlyn geleenthede, die koms van internet (WiFi) op die platteland,‘n totale nuwe manier van bemarking op sosiale media en ander platforms.
Juis hier kan vroue ‘n groot, nuwe rol speel en hulleself bemagtig
• Saam met dit word aangespreek hoe om seuns en dogters suksesvol by hierdie boerdery in te skakel.
• Verder gaan daar klem gelê word op die belangrikheid van testamente, boedelbelasting, polisse en beleggings – vroue moet op hoogte wees van hierdie onderwerpe.
•Joyce Ras
‘n Absolute ikoon met 18 jaar se ondervinding in die veld van leierskap ontwikkeling sal ook by die seminaar te siene wees.
Hierdie seminaar gaan ‘n absolute eerste nie net in ons omgewing wees nie, maar ook in SUID-AFRIKA – ‘n baie aktuele samekoms wat ‘n lewensveranderend toekoms in landbou kan inhou!

