Betroubare vennootskap maak boerdery in Botswana ’n werklikheid

IMG_5127
Dean Hatty, eienaar en boer van Q50 Farm, het na Pandamatenga verhuis nadat hy en sy gesin hul plaas in Zimbabwe verloor het tydens die grondgrype wat in 2004 daar plaasgevind het.
Dean Hatty, eienaar van Farm Q50 in Pandamatenga, Botswana, het ’n indrukwekkende boerderypad van Zimbabwe na Botswana gevolg. Sy reis lig nie net die uitdagings van transnasionale boerdery uit nie, maar beklemtoon ook die kritieke rol wat deursettingsvermoë sowel as die nodige ondersteuning, speel.
’n Nuwe tuiste in Pandamatenga
Dean het sy boerderyloopbaan op hul familieplaas in Zimbabwe begin waar hy in 1992 sy eerste boerdery-ervaring opgedoen het. “Ons het ’n groot besproeiingsplaas gehad met sowat 350 hektaar onder besproeiing. In 2004 het ons egter ons plaas verloor weens landinvalle. Dit het my gedwing om te heroorweeg waar en hoe ek wil boer,” vertel hy.
Saam met sy vrou, oorspronklik van Botswana, het hulle besluit om na dié land te verhuis en die Pandamatenga-streek te ondersoek, wat een van die min produktiewe graangebiede in die land is. In 2006 het hulle die plaas Farm Q50 gekoop.
Die eerste stap in die ontwikkeling was die implementering van besproeiingsboerdery. “Ons het ons eerste spilpunt sowat vyf of ses jaar gelede geïnstalleer, en ’n tweede een kort daarna. My eerste kontak was met Agrico en hulle het regtig die proses maklik gemaak,” sê hy.
Waterbestuur
Deur ’n kombinasie van droëland- en besproeiingsboerdery, verbou Dean mielies, sonneblomme, koring, kekerboontjies en lab-lab as voergewasse, en nou ook pampoene Hy beklemtoon dat die diversifikasie moontlik gemaak word deur die ondersteuning van Agrico.
“Boerdery hier is uitdagend, want water is duur en logisitiek moeilik. Sonder die ondersteuning van Agrico sou dit nie moontlik gewees het om hierdie gewasse suksesvol te verbou nie.”
Hy beskryf die Agrico-spilpunte as robuust, betroubaar en spesifiek geskik vir die uitdagende omstandighede in Botswana se droë klimaat. “Die spilpunte werk konsekwent, selfs wanneer die temperature in September tot 35 of 38 °C styg. Ek kan staatmaak dat hulle my gewasse, insluitend koring en mielies, konsekwent van water sal voorsien.”
Waterbestuur is van kardinale belang op Farm Q50. “Die waterbehoefte vir koring is baie hoog. Ek mik om 450 tot 550 mm oor vier maande toe te dien. Indien jy jou besproeiing goed skeduleer, kan jy selfs in droë seisoene goeie opbrengste verseker. Sonder die stabiele werking van Agrico se spilpunte sou dit baie moeilik wees om so effektief te boer,” sê Dean.
Hy het ook strategiese metodes begin toepas, waar sekere dele van die grond vir ’n seisoen rus om grondgesondheid en waterdoeltreffendheid te verbeter.

Dean boer op ’n kombinasie van spilpunte en droëlande met verskeie gewasse, waaronder koring, mielies, kekerertjies en graan-sorghum. Die gehalte van Agrico se produkte en ondersteuning help om die boerdery op sy plaas so doeltreffend en winsgewend as moontlik te maak.
Private sektor se ondersteuning van kritieke belang
Die diens van Agrico se Nylstroom-tak speel ’n belangrike rol in hul sukses, sê Dean. “Agrico doen die moeite om uit te kom, te help met die opstel van die stelsels en hulle sorg dat alles werk. Hul reaksietyd en bereidwilligheid om ondersteuning te bied, maak ’n groot verskil. Met ander verskaffers het ons nie dieselfde vlak van diens gesien nie.”
Hierdie persoonlike betrokkenheid van konsultasie tot nasorg en voorsiening van onderdele laat Dean en sy span toe om ’n plaas wat ver van stedelike fasiliteite geleë is, effektief te bestuur. Hy beklemtoon verder die belangrikheid van private sektorondersteuning.
“Boere hier is ver van groot stede en verskaffers, en logistiek is ’n groot uitdaging. Agrico verstaan hierdie realiteite en is bereid om uit te kom en ons te help, van die opstel van besproeiingstelsels tot die voorsiening van onderdele en tegniese ondersteuning.
“Ek weet dat selfs al kan ek nie alles self doen nie, die produkte en diens my nie in die steek gaan laat nie. Agrico het my in staat gestel om uitdagende en afgeleë boerderyomstandighede te oorkom.”
Hierdie betrokkenheid is volgens hom uniek. Ander verskaffers in die streek verskaf nie dieselfde soort ondersteuning nie, moontlik omdat hulle dink die mark is te klein of te uitdagend. “Met Agrico se gehalteprodukte en uitstekende diens kan ons strategiese boerderybesluite neem, risiko’s verminder en ons opbrengste optimaliseer.”
Dean Hattie se verhaal is ’n bewys dat die regte kombinasie van produkte, diens en ’n boerevennootskap die verskil kan maak in uitdagende omgewings soos Botswana. Agrico se robuuste produkte en toegewyde ondersteuning stel nie net boere in staat om te oorleef nie, maar om te floreer.
Vir meer inligting oor Agrico, besoek hul webblad of stuur ’n e-pos aan info@agrico.co.za
Sien volle video hieronder: