Bestuur en beskerm jou plaas met SDE se hulp

SDE 1
Die hoë misdaadvoorkoms in Suid-Afrika en veral die toename in aanvalle op plase noodsaak ons om ernstig ag te slaan op die pro-aktiewe beskerming van ons mense, eiendom en infrastruktuur.
SDE vorm ’n integrale deel van die beskerming van die landbousektor.
Deur middel van SDE kan die volgende dienste gebied word:
Boerderybestuur
Vir ’n boer is tyd geld en om na kampe en landerye te beweeg vir monitering kos dus geld. Met die nodige kamerastelsel kan bedrywighede vanaf ’n slimfoon of op ’n rekenaar in die kantoor dopgehou word en die boer kan dan vinnig reageer indien probleme opduik.
SDE se tegnologie kan gebruik word vir die volgende toepassings:
• Gewasse dophou vir beskerming teen droogte, beskadiging, plae en voedingstekorte
• Lewendehawe dophou vir beserings, siektes, verliese en voeding
• Personeel moniteer teen oproer, vir nakoming van prosedures en produktiwiteit
• Dophou van boerdery vir betreding en diefstalle
• Nasporing van wild en lewendehawe

Beskerming
Die mens is geneig om sy veilige hawe te verlaat indien geluide soos die geblaf van honde gehoor word. Boere kan met SDE se toerusting in hulle veilige omgewing bly en steeds verkenning doen vir moontlike ongerymdhede in en om die werf. Lewe kan nie gekoop word nie, maar tegnologie wat reg beplan en bestuur word kan lewens spaar.
Dit sluit in:
• Familie en werknemers
• Betreding, ongemagtigde toegang en diefstal
• Vroeë waarskuwing
• Betroubare waghond
• Vinnige reaksietyd
• Neutraliseer bedreiging
Bates
Die boer kan alle bates beskerm, moniteer en kyk waar sy bewegende bates is. Die beskadiging van bates deur nalatigheid en onvermoë kan beperk word.
Dit geld vir:
• Voertuie, werktuie en die beweging daarvan
• Brandstofdiefstal
• Veilige berging en bewaring
Outomatisering
Outomatisering laat boere toe om altyd bewus te wees van bedrywighede op die plaas. ’n Boer kan waterlekke opspoor, pompe beheer en gebreekte pompe tydig herstel deur hulle werking te moniteer.
Die volgende kan vanuit ’n veilige omgewing beheer en dopgehou word:
• Pompe, spilpunte en pompstasies
• Ligte
• Hekke
• Vloede in skure
• Brandstofvlakke
• Temperature en baie meer
Bestuur
Plaasbestuur sluit ’n wye verskeidenheid bedrywighede in soos:
• Beheer en bestuur weg van die boerdery deur ’n slimfoon
• Korrekte werksprosedure deur monitering
• Gesondheid, veiligheid en omgewing
• Tyd en teenwoordigheid
• Voorrade
• Werknemers
• Ontvang waarskuwings en opdatering
Besparing
Met die korrekte stelsel en toerusting kan u die volgende bespaar:
• Versekering: Goedkoper premies
• Tyd: Monitering deur outomatisering
• Fisiese koste: Minder ritte en kragverbruik
• Eise: Bewyse in geval van beserings aan diens as gevolg van verkeerde prosedure
• Elektrisiteit: Skakel toerusting aan in afslagtyd of breek weg van die nasionale netwerk
• Water: Merk dadelik lekke by besproeiingstelsels op
• Algemene uitgawes: Behoorlike bestuur beteken meer oë op plaas
Deur die korrekte stelsel te kies nadat ’n behoorlike behoeftebepaling gedoen is, kan jou plaas meer doeltreffend, produktief en finansieel korrek bestuur word. Pro-aktiewe optrede is beter as behandeling of verliese.

System Design Experts (SDE) se rekord van diens-uitnemendheid word gesteun met die omvattende oplossings wat hulle bied. SDE beskik oor ’n deeglike geskiedenis van indiwiduele en gekombineerde kundigheid met ervaring en ’n dinamiese en groeiende infrastruktuur. SDE word deur ’n gesamentlike leierskap van ervare en visioenêre indiwidue bestuur.
SDE bied volledige oplossings deur middel van produkte en dienste om in elke kliënt se behoefte aan elektroniese sekerheidsbestuurstelsels te voldoen. Die kliënteprofiel wissel van private ondernemings en plaaseienaars tot korporatiewe en regeringinstellings.
Vind uit hoe System Design Experts (Edms) Bpk jou kan help. Kontak Dirk Laing by 012-663-4331, 072-668-0800 of dirk@sdexperts.co.za.