Besproeiing: Lindsay wys hoe hulle water laat werk

lindsey
Die Lindsay-span by Nampo was Thomas Gremmels, Estcourt-agent; Rudi Koekemoer, tegnikus; Jaco Nel, tegniese en veldbestuurder; Alan Edwards, Afrika-verkoopsbestuurder en Hardus Lourens, assistent-tegnikus.
deur Du Preez de Villiers
Almal weet dat water die sleutel tot winsgewende gewasproduksie is en dat Lindsay (met hulle Zimmatic-spilpunte) die sleutel tot suksesvollewatertoediening is met hulle nuutskeppings en ontwikkelinge wat boere van vet oeste verseker. By NAMPO het hulle drie nuwe produkte bekendgestel watweer die grense van die besproeiings-tegnologie verskuif het.
Besproei ’n reghoekige land
Zimmatic spilpunte het nou ’n hoek-stelsel waarmee reghoekige lande doeltreffend besproei kan word om uitvalhoeke uit te skakel. “Die stelsel watons hier het, is vir wanneer jou land ’n vierkantige of ’n reghoekige vorm het en jy in die hoeke wil besproei. Die ekstra arm vou in en uit soos dit deurdie hoek beweeg. Oral waar daar twee pype op mekaar volg, word die water gepuls sodat daar nie dubbel besproeiword nie,” sê Jaco Nel, tegniese en veldbestuurder van Lindsay.
Die proses word vooraf geprogrammeer en deur die GPS-stelsel beheer. Natuurlik moet die wiele onder die ekstra arm kan krink terwyl dit diearm aandryf en Lindsay s’n krink ’n volle 360 grade, wat ook op ’n vooraf geprogrammeerde pad deur die GPS se belyning beheer word.
Fieldnet-programmering is jou antwoord vir enige spilpunt
“Ons sien onsself as die markleiers in bestuurstelsels en alhoewel die mededingers nie stilstaan nie, bly ons steeds ’n kortkoppie voor,” sê Jaco. WatLindsay se Fieldnet-stelsel veral van die res onderskei, is dat dit vir enige sort spilpunt gebruik kan word. “As ’n boer ander toerusting op sy plaas het wathy oor jare bymekaar gemaak het, hoef hy net ons beheerstelsel aan te skaf sodat ons dit vir hom met enige ander handelsmerk kan integreer,” sê hy. Dit sal ’n boer se bestuurskoste dramaties afbring terwyl bestuursgemak gewen word.Fieldnet is verlede jaar geloods, maar Lindsay het intussen ’n oulike verbetering aan die bestuursprogram aangebring. Die Precision VRI-funksie(variable rate irrigation) kan nou vanaf ’n afstand deur FieldNET geprogrammeer en beheer word.
Vroeër moes die boer na die beheerkas in die middel van die spilpunt ry om die programme vir veranderlike toedieningsbesproeiing te ruil of aan tepas. Dit kan nou in die gemak van sy sitkamer met sy selfoon of tablet deur FieldNET gedoen word.“Die FieldNET-platform is daarop gemik om alle besproeiingsverwante inligting in een gebruikersvriendelike program te bied. Ons glo dat elke stap enbyvoeging ons voorsprong in die mark vergroot,” sê Jaco.
Intelligente ratkasolie
Lindsay bied nou ook ‘n tiksotropiese smeermiddel, genaamd Gearlife XL, vir spilpuntratkaste en motorratkaste aan. Dis ’n rewolusionêre, intelligentesmeermiddel wat in ’n jel-vorm bly totdat dit versteur word. “Gearlife XL word in lisensie vir ons vervaardig. Die voordeel van hierdie smeermiddelis dat dit nie kan lek as dit in die jel- of ghriesvorm is nie,” sê Jaco. Sodra die ratte begin beweeg, word die olie vloeibaar sodat die ratte gesmeer kanword. In die jelvorm, vorm dit ’n digte seël regoor die binnekant van die ratkas om vog uit te hou. Sodoende help dit ook die olieseëls om die ratkas beter te verseël.“Die idee is dat as jy dit eenmaal in jou ratkas gesit het, jy dit nooit weer hoef te vervang nie, sodat die oliekoste uiteindelik sal wegval,” sê hy.
Vir meer inligting oor Lindsay se besproeiingsoplossings, skakel Richard Joseph by 084-788-9412, 021-986-8900, of stuur vir hom ’n e-pos na richard.joseph@lindsayafrica.co.za.vorige of ander handelsmerke se stadigwerkende ratkasmodelle of motorratkaste gesit word, solank daar net nie spat in die ratkas benodig word nie.

