Besproei oral en eweredig met die Reinke ESAC-stelsel

IMG_1849 reg
Met die hoekswaaiarm kan jy elke deel van jou land besproei.
Elke druppel water op jou land help om vir jou ‘n inkomste te verseker, daarom is dit bitter belangrik dat jy elke hoek van jou land kan natmaak. Vir die beste gewasresultate moet al jou plante ewe veel water kry. Dit is egter makliker gesê as gedaan. Lande het nie altyd een vorm nie en kontoere kan veroorsaak dat water afloop.
Vir Reinke is twee dinge baie belangrik: besproeiing en jou boerdery. Daarom het Reinke die ESAC elektroniese hoekswaaiarm bekend gestel. Hierdie stelsel is ontwerp om vir jou die meeste dekking op jou lande te gee en te verseker dat jou gewasse ‘n eweredige watertoediening kry.
Die hoekswaaiarm-spilpunt
Reinke se hoekswaaiarm was die oplossing vir onreëlmatig gevormde lande. Hierdie stelsel verleng die reik van ‘n spilpunt om by hoeke of oneweredige gedeeltes op jou lande uit te kom.
Die hoekswaaiarmmeganisme het ‘n skanierarm wat uitwaarts kan swaai vanaf die hoofstelsel. Die stelsel gebruik GPS-tegnologie om die presiese pad van die uitswaaiarm te bepaal.
Die ESAC (elektroniese hoekswaaiarm)
Reinke het hierdie tegnologie net ‘n stappie verder gevoer met die ontwerp van hulle ESAC. Die ESAC-stelsel gebruik elektroniese sonebeheer om sproeiers in spesifieke sones te bestuur om watertoediening te optimaliseer volgens die arm se posisie.
Reinke se ESAC-stelsel kan help dat jy tot 98,7% van jou vierkantige grondoppervlak doeltreffend kan besproei.
Hierdie stelsel lewer vir boere die beste resultate deur die minste watervermorsing te verseker. Met eweredige watertoediening is jy verseker dat jou plante net die water kry wat hulle nodig het. So, plante groei sterk maar jy vermors nie water nie.

Reinke-spilpunte
Reinke se spilpunte is van hoësterktestaal gemaak, daarom weeg jou spilpunt tot 20% ligter, maar is tot 50% sterker as ander spilpunte op die mark.

Besproeiingsvernuwing
Net buite Potchefstroom het Reinke hande gevat met Johan Janse van Rensburg om die ESAC-stelsel op sy plaas te toets.
Hier het hulle ‘n hoekswaaiarm-spilpunt met die ESAC-tegnologie opgerig. Die gedagte is om spesifieke grondmonsters van sy lande te neem en die ESAC-tegnologie te gebruik om vir elke sone van sy lande net die regte watertoediening te gee om die opbrengs van sy gewasse verbeter.
Johan se stelsel word met sonkrag aangedryf en Reinke Potchefstroom kan jou help deur ‘n soortgelyke stelsel vir jou op te rig.
Die ESAC is nie net ‘n splipunt met ‘n nuwe ontwerp nie: alles aan die spilpunt dra by tot doeltreffendheid en uiteraard wins van jou boerdery.
Reinke Irrigation se span is toegewyd aan die toekoms van besproeiing in landbou. Hulle staan reg om jou by te staan met al jou besproeiingsbehoeftes. Kontak hulle by 087 654 5828 of stuur ‘n e-pos na patrickellis@reinke.com. Besoek ook gerus hulle webstuiste by www.reinke.com.
