Bespaar met Shell se smeermiddels

Shell
“My voertuie loop gladder, daar is minder wrywing, minder slytasie, minder onderhoud en die prys is reg. Dit is waarom ons Shell se smeermiddels gebruik.” Johan Dreyer, werkswinkelbestuurder van die uitgebreide Mahela-boerdery in die Letsitele-omgewing, speel nie met woorde as dit by sy redes vir die gebruik van sekere produkte kom nie.
Hy is net so ernstig oor alle masjinerie wat op die plase en in die pakhuise werk. Sy werk is om te sorg dat alles altyd glad loop teen die laagste moontlike koste.

Dit is nogal ‘n uitdaging, want daar is ‘n miernes van beweging met trekkers, werktuie, trokke, vurkhysers en bakkies wat gebruik word vir die verbouing en hantering van sitrus, avokados, kiwivrugte, lietsjies en neute. Die wye verskeidenheid toerusting vereis ook ‘n wye verskeidenheid smeermiddels.
Enjins, ratkaste, hidrouliese masjinerie en enige ander toerusting wat beweeg het unieke vereistes en vra ander smeermiddelsamestellings.
Johan sê hulle het sowat ‘n jaar gelede na Shell-produkte oorgeskakel omdat dit meer bekostigbaar was as dié van hulle mededingers en ook omdat Shell die volledige reeks produkte bied wat nodig is. Daarby is elke produk ‘n bobaas-produk.
“Die hele ding van Shell is … alles is Shell! Hulle kom nie hier met ander handelsname om hulle reeks of voorraad aan te vul of om beter pryse te bied nie. Shell het alles en alles is Shell,” verduidelik Johan.
Hy spot: “Hulle moet nou nog net vir my kookolie bring, maar ek sal nie eers verbaas wees as hulle dit doen nie!”
Johan verduidelik daar is multigraad-olies wat heeltemal goed in die ouer trekkers gewerk het, maar die nuwe gevorderde enjins benodig spesialisprodukte. Ratkaste en kragoordragstelsels het baie ontwikkel oor die afgelope dekade en smeermiddels moes byhou.
Johan waarsku egter ook dat nie help om ‘n topgehalte olie te gebruik, maar jou filters is van minderwaardige gehalte of jou diesel is vuil nie. “Jy moet die beste van alles gebruik om uiteindelik die beste besparing te kry.”
Die beste getuigskrif vir die besparing is dat hy die dienstussenpose van sy Landini-trekkers met 100 uur kon verleng. In plaas van elke 250 uur, word die trekkers nou eers na 350 uur versien. Dit beteken minder staantyd en minder uitgawes oor die trekker se leeftyd.

Shell se dienslewering is ook uit die boonste rakke. Die plaaslike verspreider, Gasoline Alley, se mense is flink en kundig, kom lewer op die plaas af en staan reg om te help as daar ‘n probleem is. Daar is ook nooit voorraadprobleme nie.
Nog ‘n diens wat Johan waardeer en soos hy sê, nooit sal misbruik nie, is gratis toetsing van gebruikte olie. “Al manier hoe jy kan uitvind of daar byvoorbeeld ‘n interne lekkasie van die kragstuur af na die enjin toe is, of verdunning van brandstof, is om n monster te neem en die olie te laat toets. Dit help om meganiese probleme gou op te spoor.”
“Hier waar ons boer raak dit baie warm en Shell se olies kan dit hanteer sodat my enjins koel kan bly loop. Op die ou end bespaar ek ook brandstof omdat alles net beter loop. Wat meer kan ek vra?” sê Johan.
Kontak Shell se smeermiddelkundiges:
lubricants.shell.com/shell_for_agriculture
Vir meer inligting besoek:
Business Customers | Shell South Africa
Telefoon: +27 11 9967 444
Epos: shelltechnical-za@shell.com

