Categories: NewsPublished On: 31st May 2016

Besering aan diens: Elke voorval moet elektronies geregistreer word

By 1 min read
121 words

Vrystaat-Landbou-logo-275×275

Die Departement van Arbeid het in 2014 ’n aanlyn-diens bekendgestel waar ongevalle en/of beserings aan diens aangemeld, geregistreer en gemonitor word. Vrystaat Landbou (VL) het onlangs klagtes ontvang dat boere by hospitale weggewys word sou hulle daar opdaag weens ’n noodgeval aangaande ’n besering aan diens.

Volgens die Ongevallekommissaris in die provinsie moet elke voorval aanlyn geregistreer word voordat ’n hospitaal iemand kan bystaan, en die proses van aanmelding neem slegs enkele minute. ’n Verwysingsnommer moet vir elke voorval gegee kan word, sodat die hospitaal/geneesheer kan verseker dat alle papierwerk in orde is vir hulle eis van die staat vir kostes. Die kommissaris se personeel sê ’n voorval met ’n verwysingsnommer moet by enige hospitaal ingeneem word.

Bron: VL nuusflitse

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0