Categories: ArtikelsPublished On: 17th April 2025

Bemark maklik en vinnig vir NAMPO met Agri4All

By 3 min read
502 words

online-6817350_1280

Photo: Pixabay.

NAMPO is om die draai en bemarking is nou belangriker as ooit. Agri4All doen die harde werk vir jou, terwyl jy al die voordele pluk. Hetsy jy feesgangers na jou stalletjie wil nooi of NAMPO-winskopies wil adverteer, Agri4All kan jou help.

Agri4All is nie bloot ‘n advertensieplatform nie. Die platform se datagedrewe strategieë verseker dat jou advertensie onder die regte oë beland. Jou bemarkingsplan word so saamgestel dat dit by die regte gehoor uitkom op Facebook, Instagram, Tiktok, Linkedin en Youtube.

Met Agri4All word jy deel van ‘n netwerk van landbou-ondernemings en klante. Dit gee jou die geleentheid om jou produkte en handelsmerk strategies te posisioneer en vooraf opwinding vir jou NAMPO-produkte te skep.

By Agri4All weet hulle dat elke produk uniek is; dit is nie bloot so maklik soos net ‘n plasing op sosiale media nie. Die Agri4All-span gebruik hulle landbou-kennis om die beste bemarkingspakket vir jou saam te stel, pasgemaak vir jou bedryf en jou produk.

Jy kan self ook jou landbouprodukte aanlyn lys en bemark deur net na die platform te gaan en die volgende stappe te volg:

  • Lys jou item – Plaas nuwe of gebruikte produkte op die platform. Jy kan dit self doen, of met die hulp van Agri4All se vriendelike span. Die span sal jou dan kontak om jou veldtogbesonderhede te bespreek.
  • Geen advertensiemateriaal? Geen probleem! – Indien jy nie bemarkingsmateriaal het nie, kan Agri4All se ontwerpspan gratis professionele advertensies spesiaal vir jou ontwerp en saamstel volgens jou behoeftes!
  • Goedkeuring van materiaal – Geen materiaal of veldtogte begin sonder jou goedkeuring nie. Sodra jy tevrede is met jou plasing, gaan dit aanlyn en jy kan begin om navrae van moontlike kopers te ontvang.
  • Maandelikse terugvoer en verslae – Aan die einde van elke maand ontvang jy ’n omvattende verslag oor jou veldtog se prestasie.

Wat het jy nodig om af te skop?

  • Om jou produkte suksesvol op Agri4All te lys, het jy die volgende nodig:
  • Geldige e-posadres en selfoonnommer
  • Duidelike, hoëgehalte foto’s van jou produk
  • ‘n Prys en ’n akkurate beskrywing van jou produk

Hoe maak jy jou aanbieding suksesvol?

  • Skryf ’n duidelike titel:Gebruik toepaslike soekwoorde en sluit belangrike besonderhede soos handelsmerk, model en grootte in; is dit ‘n gebruikte of nuwe produk.Vir lewendehaweverkopers – ‘n duidelike uiteensetting van die dier/e op aanbod, die ras, gewig en enige ander belangrike besonderhede.
  • Gebruik hoëgehalte foto’s:Neem foto’s vanuit verskeie hoeke met goeie beligting. ‘n Foto verkoop jou produk.
  • Bepaal die prys reg:Jy kan ’n vaste prys bepaal, ’n prysklas noem of die opsie “prys op aanvraag” kies.
  • Berei voor vir groter sigbaarheid:Agri4All plaas jou advertensie ook op ander sosialemediaplatforms soos Facebook en Instagram vir maksimum blootstelling.

Maak seker jy is reg vir NAMPO; begin vandag reeds bemark op die Agri4All-webwerf. Vir enige navrae, kontak Nita Volmer-van Zyl, produkbestuurder van Agri4All, deur ‘n e-pos te stuur aan nita@agri4all.com, of skakel haar by (+27)79-515-8708.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0