Beheer knaagdiere sonder om jou vriende te knou
Boere wat vir diere soos uile en ander roofvoëls omgee het heel moontlik al die hartseer beleef waar hierdie diere dood aangetref is nadat hulle knaagdierdoder ingekry het. Dit is `n reuse en frustrerende probleem, maar een knaagdierdodervervaardiger het met `n produk vorendag gekom wat die waarskynlikheid van sulke sekondêre vergiftiging drasties verminder.
Dr Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifsentrum beveel Racumin® aan. Hy beskryf Racumin ® as die enigste produk wat al bewys het dat die kanse op sekondêre vergiftiging van roofvoëls en roofdiere skraal is na hulle aan die karkasse van vergiftigde knaagdiere geëet het. Die rede hiervoor, verduidelik dr Verdoorn, is dat die aktiewe bestanddeel, Kumatetralil, eerstens `n baie lae toksiese inhoud vir voëls het en tweedens word dit baie vinnig tot `n nie-toksiese komponent binne-in die spysverteringsstelsel van die knaagdier gemetaboliseer.
Die kanse van sekondêre vergiftiging in roofvoëls en aasvoëls is baie onwaarskynlik en vir roofdiere en aasdiere is dit hoogs onwaarskynlik.
Racumin® is bekend as `n veelvuldige-vreet-knaagdierdoder wat beteken dat knaagdiere `n klein hoeveelheid aas verskeie kere moet vreet voor hulle sal vrek. Hierdie eienskap dra verder by tot die vermindering van die risiko van sekondêre vergiftiging van diere wat nie geteiken word nie.
Die gif moet egter versigtig uitgesiet word aangesien die direkte vergiftiging van diere wat nie geteiken word nie steeds `n risiko is.
Dr Verdoorn beveel aan dat die gif in `n peuterbestande-houer buite bereik van kinders, troeteldiere en voëls geplaas word. Racumin® is beskikbaar as blokkies (wasbasis) en `n pasta. Indien jy honde besit word die blokkies aanbeveel.
Dr Verdoorn beklemtoon die feit dat dit nodig is om rot- en muisbevolkings onder beheer te kry, aangesien hulle elke jaar miljarde rande se skade aanrig, maar om dit verantwoordelik te doen bly prioriteit. “Om tuisgemaakte konkoksies van ander giwwe soos Aldicarb te maak is onwettig en kan tot hoë boetes en selfs tronkstraf lei,” waarsku hy.
Uile, slange, meerkatte en ander diere help om die probleem te beheer en moet dus teen gif beskerm word.
Dr Verdoorn beveel aan dat troeteldiereienaars nie kat- en hondekos op plekke los waar dit knaagdiere kan lok nie, aangesien troeteldierkos een van die grootste redes is vir die aanlok van knaagdiere. Eienaars moet hulle diere een of twee keer per dag kosgee en daarna die kos wegbêre.
Racumin® is deur Bayer Environmental Science ontwikkel en word deur Coopers Environmental Science versprei. Vir meer inligting besoek gerus www.bayeres.co.za.