Beesvleispryse styg

Bees Oxie
Volgens die ABSA-marktendensverslag het plaaslike beesvleispryse ‘n styging getoon teen verlede week. Internasionaal het die pryse meesal sywaarts beweeg.
Plaaslik
Beesvleispryse het die afgelope week die styging in temperatuur gevolg en hoër afgesluit. Die geskatte ABSA-vleispryse is soos volg: Klas A-pryse is 0,81% hoër teen R38,37/kg, Klas C-pryse is 1,61% hoër teen R31,00/kg. Die gemiddelde speenkalfpryse was 2,25% hoër teen R20,46/kg.
Bulmark
Moontlike verbetering in die vraag soos warmer temperature nader kom.
Beermark
Oorvloedige pluimvee en varkvoorrade kan die rooivleismark afdruk.
Internasionaal
Nieu-Seeland-bulle se pryse het sywaarts beweeg oor die afgelope week teen NZ$505 en koeie was dieselfde teen NZ$375 teenoor ‘n week gelede. In Amerika was beesvleispryse vir die week meestal hoër: Top side was 0,40% hoër teen $219,29cwt, rump was 4,03% hoër teen $296,26/cwt en strip loin was 1,30% hoër teen $504.16/cwt, chuck verhandel 0,74% laer teen $202,42/cwt en brisket verhandel 2,80% hoër by $216,01/cwt.
Die karkas Amerikaanse ekwivalent was 1,28% hoër teen $270,23/cwt.
Bulmark
Amerika se ekonomie het meer werk geskep met 255 000 nuwe werksgeleenthede wat gedurende Juliemaand geskep is. Die syfer was 75 000 bo handelsverwagtinge en dit kan die vraag na vleis in Amerika versterk.
Beermark
Oorvloedige voorrade van vark en pluimvee hou aan om swaar te weeg op die veemark en dit plaas druk op die vraag na beesvleis.
Bron: ABSA Agri Trends