Beesvleispryse bly sterk

rooipoenskop-2
Kruisteling met Senepol: Rooipoenskop is die ideale kruisteelbees wat in enige kruisteling net waarde toevoeg.
Beesvleispryse bly sterk in Januarie as gevolg van die sterk winste gedurende Desember. Die goeie reënval wat oor groot dele van die land geval het help ook dat pryse sterk bly, want boere kan dan langer die beeste in die veld hou. Internasionaal is die beesvleismark nog onder druk. Met Trump aan bewind, gaan ons verdere munt wisselvalligheid sien wat ‘n belangrike drywer in pryse sal wees.
Plaaslik
Die geskatte Absa vleispryse is sooss volg:
Klas A-pryse is 1,97% laer teen R38/kg. Klas C-pryse is 0,26% hoër teen R33,80/kg. C-graad pryse volg gewoonlik ‘n afwaartse neiging in Desember, maar verlede jaar was daar nie so afwaartse neiging nie. Die gemiddelde speenkalfpryse was 2,9% hoër teen R25,83/kg. Die speenkalfmark was baie sterk gedurende Desembermaand oor die skaarsheid van die kalwers. Die gemiddelde huidprys oor die afgelope week was 1,14% laer teen R15,17/kg van die vorige week se prys van R15,34/kg. Die onlangse sterkte van die geldeenheid is een van die faktore wat druk op pryse plaas.
NB* Huidpryse word bepaal deur die gemiddeld van die RMAA (Rooivleisabattoirvereniging) en onafhanklike maatskappye.
Bulmark-faktore
- Week-op-week se slagtinggetalle soos deur die Rooivleisabattoirvereniging het met 11,01% verminder.
- Goeie vraag en beperkte voorrade van speenkalwers ondersteun pryse. Die verwagte dalings in mieliepryse in die komende maande wat volg op die verwagte gunstige oes sowel as goeie weidingstoestande is faktore wat die kalfmark moet ondersteun.
- Goeie reënval in sommige dele van die land het kuddes help herbou.
- Beesvleispryse het ‘n hoë vlak in die feestyd bereik.
- Uitvoergeleenthede kan die pryse ondersteun.
Beermark-faktore
- Die prysdruk in die speenmark sal in die speenseisoen gedurende Maart tot Mei wees.
- Verbruikers is gewoonlik onder druk tydens Januariemaand as gevolg van hulle besteding tydens die feestyd en die skole wat open.
Internasionaal
Nieu Seeland se bulle het laer verhandel die afgelope week teen 5,19NZ$ per kilogram en koeie het sywaarts verhandel teen 3,85NZ$ per kilogram teenoor ‘n week gelede.
In die VSA was beesvleispryse soos volg:
Top side was 0,11% hoër teen $198,58/cwt. Rump was 0,05% laer teen $240,39/cwt en Strip loin was 3,86% hoër teen $561,33/cwt. Chuck het 0,68% hoër verhandel teen $222,78/cwt. Brisket was 4,08% laer teen $206,57/cwt. Die karkas gelykstaande prys was 0,69% hoër teen $280,59/cwt.
Bulmark-faktore
- Die VSA se beesvleismark is steeds onder druk van verhoogde plaaslike produksie.
Beermark-faktore
- Die versterking van die Nieu Seelandse dollar het druk op pryse die afgelope week geplaas.
Bron: Absa Agri Trends