Balers van Rovic Leers lewer ‘n ryk oes

Rovic
Melissa Jonker van Rovic Leers vertel meer oor hulle balerreeks wat hulle ten toon gestel het by Balfour Hooidag.
Die balerreeks bestaan uit die Comprima, Fortima en die Vari-pack. Die Vari-pack baler is divers en kan ‘n verskeidenheid bale maak. Die grootte van die baal kan tot ‘n indrukwekkende 1, 65 m wees.
Al die Rovic Leers balers werk met net, sowel as die EasyFlow opteller van 2,15 m. Die rotor verseker dat die gras vinnig by die tande van die opteller uitkom, wat dit vinniger laat baal en die baaldigtheid beïnvloed. Binne in die baler is ‘n sentrale lubrikasiesisteem wat seker maak dat jou ketting geolie word en vir jou implement ‘n langer lewensduur verseker.
Binne in die baalkamer is daar vier bande wat elk ‘n gladde en ‘n growwe kant het. Die growwe kant laat die strooi binne in die baalkamer vinniger draai en baaldigtheid beïnvloed.
Die lemme kan verstel word tussen nul en 17 en dit kan vanuit die kajuit gedoen word. Die implement is so ontwerp dat wanneer die baal uitgespoeg word dit sag land en nie seerkry nie. Omdat die ghriespunt aan die kant van die implement sit, maak dit die diens van die implement baie vinniger en makliker.
Vir meer inligting, besoek https://www.rovicleers.co.za/.