Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 18th May 2023

Atlantic Fertilisers: Bemesting vir “Groei wat jy kan meet”

By 3 min read
616 words

atlantic fert

DIE MAATSKAPPY SE doel is om volhoubaarheid te verhoog en om produsente te help om gesonde oeste oor die langtermyn te lewer.  

In 2000 het die Herholdt-broers begin om hoendermis te komposteer en verpilde bemestingstowwe van hoogstaande gehalte by hul fabriek naby Philadelphia in die Wes-Kaap te vervaardig.  

Atlantic se produkreeks, is regoor Suid-Afrika goed gevestig en word selfs uitgevoer na lande soos, Namibië, Botswana, Mauritius en Viëtnam. 

Hierdie produkte en Atlantic se benadering tov gewasvoeding en grondkonditionering word reeds wyd en suid oor Suid Afrika geimplimenteer. Dit sluit in gewasse soos wingerd-, tafeldruiwe, graan kleingraan en wydings, bessies, neute asook sitrus en vrugte- en groente.

Atlantic BioKelp X5

Oorspronklik was die fokus om slegs organiese en semi-organiese bemestingstowwe te vervaardig, wat steeds vervaardig word, maar volgens behoefte is daar later ‘n reeks wateroplosbare mengsels bygevoeg, asook ‘n reeks bio-stimulante, wat bestaan uit Ocean Nutrition (Vishidrolisaat) en Bio Kelp X5.

Wat is die voordele van semi–organiese bemesting: 

Die voordele is opgesluit in die sinergie tussen organiese en anorganiese komponente.  Anders gestel, die waarde van die kombinasie tussen organiese en anorganiese bemesting is groter as die waarde van die twee komponente op hulle eie.  

Hoekom semi-organiese bemesting?

·  Semi-organiese bemesting gaan nie net oor die produk nie, maar ook oor die beginsels en die praktyke wat dit ondersteun.

·  Bemesting kan negatief reageer as gevolg van ‘n te hoë of selfs te lae konsentrasie.

Waardetoevoeging:

·  Minder negatiewe effekte in die wortelomgewing;

·  Bevorder groter bydrae deur grondorganismes;

·  Minder verliese van voedingstowwe;

·  Korrekte N:S-verhouding word nagestreef; en

·  Pasgemaakte mikro-element-insluitings soos benodig mag word

Meer oor Atlantic se produkte:

Grondversorgers:  “Die Organiese Reeks”

  1. Bio Ganic is ’n gekomposteerde, verpilde hoendermisproduk wat as ’n grondkondisioneerder by enige konvensionele program ingesluit kan word.  Dit dien as ’n “mis praktyk” en dra by tot die verbetering van die grondvrugbaarheidstatus, asook voeding aan die mikrolewe teenwoordig in die grond, gevolglik word die grondstruktuur ook oor tyd verbeter.  
  2. Bio Rock is ’n gekomposteerde, verpilde hoendermisproduk wat verryk is met sagte rotsfosfaat wat aangewend word vir die vestiging van meerjarige gewasse.  Deur berekende hoeveelhede te meng met die grond van die plantgat, word ’n medium geskep met veilige konsentrasies van natuurlike voedingstowwe en humate wat wortel- en gewasontwikkeling ondersteun.   
  3. Bio Ocean is ook ’n gekomposteerde en verpilde hoendermisproduk wat verryk is met seewier en vismeel.  Hierdie produk is veral gewild in akkerbou tydens vestiging deur dit op die rye te bandplaas of vooraf breedwerpig uit te strooi en vlak in die saadbed in te werk.  Dit bied ’n sterk agtergrond vir ontwikkeling van saailinge en stadige vrystelling van voedingstowwe.

Verrykte produkte:  “Die Bio Enrich Reeks” sowel as voorskrifmengsels

Atlantic BIO ENRICH

Hierdie produkte is gekomposteerde verrykte en verpilde produkte met ’n verskeidenheid van aanwendings bv.:

  1. Produkte vir die vestiging van grane, weidings en peulgewasse, (uitstrooi en deur middel van planters).
  2. Produkte ter ondersteuning van meerjarige gewasse – veral in sanderige en klipperige gronde.
  3. Produkte vir die vestiging en verbouing van groentegewasse.

Biostimulante:

Biostimulante Ocean Nutrition is ’n vishidrolisaat wat deur middel van ’n koue ensiematiese proses voorberei word.   Hierdie produk is ryk aan aminosure, omega 3 visolie, peptiede, vitamiene, ensieme, spoorelemente en proteïene.  Dit dra by tot wortelontwikkeling, voeding van mikro-organismes en die vrystelling van voedingstowwe, veral stikstof uit organiese materiaal.  Hierdie is ’n produk met ’n onmisbare bydrae tot grondgesondheid wat as gevolg van die vorm waarin dit is, direk deur die plant opgeneem kan word.  Dit is deur ‘n organiese sertifiseringsorganisasie goedgekeur vir organiese boerdery ingevolge EC- en NOP regulasies.  

Vir verdere gewasgerigte inligting, kontak gerus die Atlantic Fertilisers se span en besoek ook hul webtuiste vir ervarings en suksesverhale.   

Kontak hulle by:  www.atlanticfertilisers.co.za/commercial of e-pos:  info@atlanticfertilisers.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0