Categories: NewsPublished On: 23rd February 2017

Astral en Eskom se skikkingsooreenkoms bekragtig

By 1 min read
electricity

electricity

Astral Foods Limited (Astral), ‘n groot Suidelike-Afrika pluimveemaatskappy,  se aansoek om ‘n interdik om te verhoed dat Eskom die krag sal afsny by die Lekwa plaaslike munisipaliteit in Standerton het eergister in die hof gedien.

Die partye het vroeër ‘n skikkingsooreenkoms bereik wat bepaal Eskom nie meer die krag op 28 Februarie sal afsny nie.

“Ons is besig met verskeie onderhandelinge en regsaksies om te verseker dat die kragtoevoer na ons bedrywighede in Standerton nie deur Eskom onderbreek word nie,” sê Chris Schutte, besturende direkteur van Astral.

Die skikkingsooreenkoms is in die Noord-Gauteng se Hooggeregshof bekragtig. Die hofbevel wat uitgereik is ten gunste van Astral sal so bly tot die saak verder aangehoor word in Mei 2017. Astral het hiermee ononderbroke elektrisiteitsvoorsiening vir die onmiddellike toekoms verseker.

Chris sê verder: “Ons is tevrede met die skikking wat saam met Eskom bereik is en ons glo steeds dat ‘n betaalde kliënt nie gepenaliseer moet word nie. Die afhanklikheid van Eskom wat alleenreg op elektrisiteit het, bly ‘n probleem indien hulle weer die elektrisiteit wil afsit en talle ondernemings daaronder lei. Ons sal aanhou om ‘n  permanente oplossing vir die probleem te soek. ”

Lees hier ons vorige artikel hieroor.

Bron: Keyter Rech Investor Solutions vir ASTRAL foods

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0