Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

Aquamat-voeg-waarde-by-waterwaarde-by-water

By 3 min read

Water is ’n wonderlike gawe, maar ongelukkig kan dit bederf word deur onsuiwerhede, kalk of swaarmetale soos yster en mangaan.

Gelukkig konsentreer Aquamat op kostedoeltreffende en betroubare oplossings vir die suiwering en behandeling van water sodat die boer die volle waarde van sy water kan geniet.

Een so ’n boer wie se water meer werd is as gevolg van Aquamat, is Meyer Bosman van die plaas, Ypress, tussen Kroonstad en Odendaals­rus. Meyer het ’n melkery met die pragtigste Holstein-koeie, ’n saaiery bestaande uit mielies en sonneblom, en ’n kommersiële Beefmaster-kudde.

Ypress is ’n pragtige plaas, maar sy water was hard – so erg dat Meyer as gevolg daarvan ekseemprobleme ondervind het. Seep wou nie skuim nie en die water het ook nie lekker gesmaak nie.

Hy het Aquamat gekontak en dit was die einde van die probleme. Hulle het ’n Aquatronic-waterversagter aanbeveel en die afgelope vyftien jaar is die Bosman-gesin se huishoudelike water eersteklas.

Weg is die skurwe velle en selfs velontsteking, weg is die kalk en onsuiwerhede en weg is die hoë koste aan seep en skoonmaakmiddels wat maar nie wil skuim nie.

Die Aquatronic maak die water sag en smaaklik, die velle gaaf en gesond, die hare blink en glad, die wasgoed sag en skoon en die skottelgoed en glase glansend.

Dis die mees gevorderde waterversagter wat jy kan kry en ook die een wat die minste moeite verg. Die eenheid herlaai homself outomaties en al wat jy hoef te doen, is om af en toe ’n sak sout in sy pekeltenk te gooi.

(Doen jy dit nie, herinner die seep wat nie skuim nie en jou vel wat grof word jou gou genoeg, sê Meyer.)

In ruil vir die bietjie moeite onttrek die versagter al die positiewe ione uit die water. Dit is dié kalk, magnesiumsoute en opgeloste minerale wat die hardheid veroorsaak.

Die sagte water vergelyk goed met reënwater en is perfek vir huishoudelike gebruik.

By sy melkery het Meyer ’n kristalontkalker van Aquamat geïnstalleer. Dit het onmiddellik die probleem van kalkaanpaksel in die pype en waterverwarmer opgelos.

Aquamat se kristalontkalker gebruik mikropluskristalle (’n mengsel van silifos- en mikrofoskristalle) waardeur die water vloei en daar is verskillende groottes vir elke moontlike toepassing beskikbaar.

Die kristalle moet gereeld opgevul word en een kilogram behandel 100 000 liter water.

Die finale regstelling wat Meyer aan sy water gemaak het, was om ’n Aquamaster katalitiese ioniseerder aan sy tuin se watertoevoer te installeer. Aquamaster verbeter water deur die uitwerking van skadelike minerale en metale uit te skakel.

Harde water en brakwater word so behandel om dit geskik te maak vir gebruik. Die Aquamaster werk baie goed en daar is glad nie meer ’n kalkneerslag op die plante soos voorheen nie. Dit beteken dat die plante heelwat beter groei.

Talle boere gebruik Aquamaster om waterprobleme op te los en oeste dramaties te verbeter. Dit geld vir lusern, tabak, tamaties, druiwe, uie, olywe, sitrus, mielies, koring, paprika, katoen, aartappels en ander gewasse.

Saam met sy Aquamat-drukpomp het Meyer Bosman dus vier produkte van Aquamat op sy werf en hy is hoogs tevrede met die resultate wat hulle lewer en met die flink en kundige diens wat hy van Aquamat ontvang.

As jy ook waterprobleme het, is Aquamat die mense met wie jy moet praat. Skakel 011-472-1311 of besoek www.aquamat.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment