Categories: NewsPublished On: 19th January 2012

Alles onder een dak

By 1 min read
221 words

‘n Uitgebreide konferensie en tentoonstelling oor kweekhuisverbouing word vanaf 6 tot 8 Maart naby Pretoria aangebied. Die gebeurtenis is die breinkind van Johan Swiegers, die uitgewer van ‘n tydskrif, Undercover Farming. Die geleentheid staan dan ook bekend as die Undercover Farming Expo.

Hanlie Delport, een van die organiseerders sê dat die Expo ‘n fees van nuwe produkte en tegnologie gaan wees. Van die grootste verskaffers in die kweekhuisbedryf het reeds uitstalruimte bespreek.

By die konferensie sal kundiges van Suid-Afrika en Nederland oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe praat, soos die vooruitsigte vir die bemarking van vars produkte in Suid- en suider-Afrika, die invloed en toepasbaarheid van NEMA 28 (omgewingsbeskermingsvereistes) in die landbousektor, die produksie en uitvoer van blomme vanuit Suid-Afrika asook produksie en uitvoere vanuit ander lande in Afrika.

Een van die hoofborge van die geleentheid is ABSA-bank. Mnr Ernst Janovsky van ABSA Agribesigheid het by die bekendstelling van die Expo by Saint George’s Hotel gesê as gevolg van beperkte hulpbronne, raak kweekhuis- of tonnelverbouing al hoe belangriker. ABSA wil graag deel van hierdie ontwikkeling wees.

Ander organisasies wat by die Expo betrokke is, is Intensive Agriculture South Africa, South African Flower Growers, die Suid-Afrikaanse Saailingkwekersvereniging en ASNAPP – ‘n organisasie wat volhoubare ekonomiese ontwikkeling ondersteun.

Vir meer inligting en besprekings, besoek www.undercoverfarmingexpo.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0