Categories: NewsPublished On: 8th September 2016

Alge dalk die antwoord op wêreldvoedselprobleme

By 1 min read

alge_marine

Daar word verwag dat die wêreld se bevolking by die nege biljoen gaan draai teen 2050 en die vraag bly, gaan daar genoeg voedsel wees vir almal om te oorleef?

Wetenskaplikes het verskeie antwoorde hierop soos voedselafval wat moet verminder, geneties aangepaste gewasse en nog meer, maar daar is ook ‘n alternatiewe oplossing:

Die marien-oplossing

Die marien-oplossing wat aansienlik kan help is alge. Alge is al vir eeue lank baie gewild in Asië.

Die oorvloedige hulpbron is selfs meer belangrik as daar in ag geneem word dat dit verbou en geoes kan word. Volgens die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie het wêreldwye algeproduksie van 2-miljoen ton in 1970 na meer as 25-miljoen ton in 2013 toegeneem.

90% van die spesies is afkomstig van gekweekte alge en die res uit die natuur. Ongeveer 60% word gebruik in medisyne, skoonheidsmiddels of as kunsmis. 40% eindig op in mense se borde in een of ander vorm: vars, as ‘n smaakmiddel, gedroogde, bevrore of gemeng met ander bestanddele. Alge word elke dag geëet sonder dat die meeste mense dit besef en dit smaak lekker.

Agar-agar, byvoorbeeld, is ‘n alge-toevoeging wat gelatien in gaar vleis, lekkergoed, en koekies oor die afgelope vier dekades vervang. Oseane en riviere bevat meer as 100 000 spesies van alge, maar slegs 145 van hierdie word verbruik in die wêreld. Daar is verskillende tipes alge wat die mens se immuunstelsel versterk en kardiovaskulêre siektes voorkom. ‘n Alge-gebaseerde entstof kan ook die immuunstelsel van battery-hoenders versterk en verhoed dat hulle volgestop word met voorkomende antibiotika.

Die enigste nadeel: hulle is kwesbaar vir oliestortings en besoedeling deur swaar metale, wat hulle voedingswaarde benadeel.

Bron: Business Day en Bizcommunity

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0