Categories: ArtikelsPublished On: 24th April 2022

Algar maak dit maklik

By 3 min read
633 words

algar reg reg

Algar Veehanteringstoerusting is op die voorpunt in die mark met innoverende produkte van top gehalte, wat aan elke veeprodusent se individuele kraalbehoeftes voorsien.

By Algar is dit vir ons belangrik dat boere gemaklik en veilig met hulle diere kan werk met so min as moontlik stres vir die hanteerder en die dier. Met meer informasie en data nou beskikbaar rakende newe-effekte van stres op diere mik die mark daarna om diere meer effektief en doeltreffend te hanteer. Ons bring unieke produkontwikkeling na die veebedryf wat fokus op vinnige hantering en korter tyd vir die dier in die drukgang of krat, hierdie het die domino-effek van ‘n rustiger en kalmer dier wat beter kondisie behou as gevolg van minder stres meer vertroue in die hanteerder.

Algar produkte is ontwikkel deur ons eie veeboer en ons ken die behoeftes van die veeboer. Ons vervaardig veehanteringstoerusting vir albei kleinvee en grootvee. Algar het drie reekse beskikbaar vir bees hanteringstoerusting. Hierdie gee die boer opsies om sy kraal te bou volgens sy spesifieke
behoeftes. Standaard reeks, hierdie reeks is markverwant en word uit 50x2mm ronde pyp gebou.

Die Lae-diens reeks is bietjie sterker as standaard en word uit 50x2mm vierkantige pyp gebou met ekstra hoogte en pype in. En die swaardiens reeks word uit 50x3mm vierkantige pyp gebou wat jou ‘n leeftyd sal hou. Hierdie hoë-diens reeks word aanbeveel vir voerkrale en intensiewe kudde
bestuur, met langsdurentheid tot gevolg. Algar se kleinvee hanteringstoerusting is ook beskikbaar met 900mm of 1200mm hoogte opsie vir skape, varke en bokke.

Een van Algar se uitstaande, enig in sy soort produkte is veral die verstelbare-drukgange, vir groot en kleinvee. Die gange is ontwerp met tydbesparing in gedagte, om die werksverrigting met jong diere te vergemaklik. Die gange gee vir jou ‘n standaard wydte op jou drukgang, en dan geniet jy die opsie om dieselfde gang te vernou na 350mm vir beeste of 200mm vir kleinvee. Hierdie nou gang waarmee jy nou jou jong diere kan hanteer verhoed dat die diere omdraai en ‘n opeenhopings veroorsaak. Ons patente is goed deurdink en prakties, besonders ontwikkel en aktief beproef.

Vir Algar bestaan daar nie iets soos ‘n gewone kraal nie, elke kraal en plaas het sy eie uitsonderlike uitdagings om diere te hanteer en ‘n vooruitstrewende boerdery te bevorder.

‘Ons streef daarna om altyd produkte aan te bied wat effektiwiteit en doeltreffendheid tot gevolg het.’

Met winsmarges wat kleiner raak as gevolg van hoër inset kostes en uitdagings in die mark en ekonomie is dit noodsaaklik dat daar doeltreffend gewerk word op enige plaas, hierdie veehanteringstoerusting is so ontwerp om te spaar op arbeidskostes en by Algar glo ons ook dat kwaliteit toerusting en na-verkope diens moet vir die boer tyd en geld spaar.

Die Nek en lyfklamp is beskikbaar in die LD en HD reeks. Hierdie krat gee die boer toegang tot die hele bees met 11 toegangshekke terwyl daar gewerk word.

Loer gerus na die video deur die skakel in jou aanlyn blaaier te tik, om die Algar-Lyfklamp in ‘n aksie te sien:
https://www.youtube.com/watch?v=csPczXyRS6U

Algar se HD Nek-en-Lyfklamp kan ook volledig bestel word met versekervanghek vooraan en agter KI toegangshekke met skuifhek. Jy kan ook kies of jy jou werkings handvatsels links of regs van die klamp wil hê.

Algar Ind is ook die agente en verspreiders van Jay-Lor hier in Suid-Afrika. Die produkte word in Kanada verwaardig en ingevoer. Een van die produkte wat nou beskikbaar is hier in Suid-Afrika is die Jay-Lor 5050 self-aangedrewe mini voermenger. Hierdie self aangedrewe voermenger is ideaal vir groot en klein boere wat kleiner intensiewe rantsoene wil meng vir spesialiteitsgroepe soos stoet vee en voerkrale asook speenkalwers en
lammers.

Vir meer inligting besoek graag ons webblad op www.algar.co.za
Verkope: Jonathan 082 324 6256
E-pos: algar@algar.co.za

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0