Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 25th May 2026

Algar laat gras nie onder hul voete groei nie; NAMPO bring nuwe reekse

By 4 min read
676 words

NAM06051

Charlotte Esterhuizen van Algar vertel meer oor hul nuwe kleiner hommeltuigwaentjie by NAMPO.

Algar is wel bekend vir hul veehanteringstoerusting wat spesiaal ontwerp is om die proses vir boere en diere gemakliker en veiliger te maak. Hulle het ook onlangs hul hommeltuigwaentjie by hul reeks produkte gevoeg.

Hierdie jaar het hulle by NAMPO besluit om van hul bekendste reekse uit te brei om boere se sakke te pas en selfs ’n bietjie voller te maak.

Bielie Junior

Een van hul gewildste produkte is die Bielie-boks, ’n veelsydige beeswerkkrat wat ontwerp is om boere in staat te stel om individuele diere veilig, doeltreffend en met minimale stres te hanteer.

Die boks het verskeie toegangspunte en ’n geïntegreerde nekklampstelsel om volle toegang tot die dier te bied.

Nou het Algar ook die kleiner en meer meganiese Bielie Junior na die mark gebring.

Charlotte Esterhuizen van Algar het by NAMPO vertel dat hulle baie opgewonde is oor hierdie produk. Soos met die Bielie-boks het die Biellie Junior ook ’n nekklamp, maar in hierdie geval werk jy die slot met jou hand. Dit is Algar se meer bekostigbare reeks.

Soos die ander Algar-nekklampe sal die Bielie Junior se deur ook vashaak sodra die bees weerstand gee. Die drukgang is ook deel van die die Bielie Junior-reeks en jy kan soveel kraalpanele byvoeg soos wat jy nodig het om jou diere te bewerk.

’n Veeldoeligge Algar-waentjie

Japie Pretorius van Algar, vertel dat die maatskappy reeds bekend is vir hul waentjies, veral die hommeltuigwaentjie.

“Almal verkoop waentjies maar die verskil is by ons koop jy net een platform, en jou byvoegings is al wat verskil,” vertel hy.

Deur net die een platform te koop kan jy verkillende byvoegsels bo-op die waentjie sit. Dit beteken dat jy jou waentjie vinnig kan omskep in ’n beeswaentjie as jy beestralies opsit of in ’n skaapwaentjie as jy skaapstralies opsit. Jy kan ook hierdie waentjie in ’n hommeltuigwaentjie omskep.

“So een ou wat waentjies uitverhuur koop nou een platform en hy kan drie verskillende kliënte tevrede stel met een platform,” verduidelik Japie.

Algar kan ook vir jou ’n stellasie op jou tapkar, veewa, graanwa, plaaswaentjie ensovoorts bou vir die hommeltuig. Die stellasie kan afgehaal word wanneer dit nie benodig word nie. Met ander woorde, tydens stroopseisoen gebruik jy jou tapkar vir jou oes en in die ander seisoene kan jy dit gebruik as ’n hommeltuigwaentjie.

Hierdie waentjies kom in verskeie lengtes – van 2,7 m en 4,2 m tot 6 m.

Charlotte vertel indien Algar se 6 m-hommeltuigwaentjie ’n bietjie te groot is, hulle ook nou die 2,7- en 4, 2 m-hommeltuigwaentjie beskikbaar het. Die waentjie het laaie wat kan uitskuif en elke laai vat 250 kg. Dit beteken daar is meer as genoeg plek vir jou kragopwekker, batterye, laaistasie en hommeltuig – selfs ’n varswater tenkie vir hande.

Die waentjie kom met ’n mengstasie ook en slaan vinnig en maklik op om weer in die pad te val na jou ander lande vir spuit of die strooi van kunsmis.

By Algar kan jy een platform vir jou waentjie koop en dit in verskeie waentjies omskep.

’n Waentjie vir jagters

Jag is in baie Suid-Afrikaners se bloed, en as jy al ooit moes planne beraam oor hoe jy jou vleis by die huis gaan kry, het Algar die oplossing.

Die klein toktokkie-sleepwaentjie kom met die opsie van ’n koelsak aan die binnekant sodat jy jou vleis na ‘n jagtog veilig huistoe kan vervoer. Dit is ligter as ’n gewone sleepwaentjie en volgens Japie sleep dit bitter lekker.

Japie Pretorius wys hoe die Toktokkie-sleepwaentjie lyk.

Die toktokkie-sleepwaentjie is perfek vir die jagseisoen.

’n Permanente oplossing

Algar staan boere by met elke aspek van veehantering en Charlotte vertel dat hulle graag help met permanente veehanteringskrale of voerkrale op jou plaas.

“Ons kan die kraal in die vorm en grootte bou wat jy nodig het en selfs hekke insit en verdere veehantering ook aanlas,” sê sy.

Maak gerus ’n afspraak met hulle en hulle sal na jou toe kom, oor uitleg gesels en kyk wat die pad voorentoe is om aan jou behoeftes te voldoen. Besoek hul webtuiste by https://dev.algar.co.za/

Japie Pretorius van Algar Veehantering.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0