AIBO Agri Engineering se eiersorteerder en neskaste laat jou henne goue eiers lê
Indien jy ‘n eierboer is moet jy AIBO Agri Engineering se webwerf besoek vir hulle reeks masjiene. Boerdery en landbou as geheel is AIBO se passie en daarom wil hulle elke boer waarmee hulle werk tevrede stel.
AIBO het verskeie ontwerpe vir hoender-, eier- en vleisverwerkingsmasjiene. Hulle produkte is bekostigbaar en opgradeerbaar. Die besigheid het begin met die vervaardiging van die heel eerste twee sleepwaens met ‘n visioenêre weergawe van ‘n modulêre ontwerp. Hierdie sleepwaens is die eerste in die land met ‘n lae spoed hidroliese remstelsel wat nood en diens remme in een silinder het wat gehomologeer kan word.
AIBO se eiersorteerders en neskaste is baie bekend.
Die eiersorteerders is modulêr in ontwerp en benodig nie ‘n kettingaandrywing nie, soos die algemeenste in die bedryf bekend staan. Dit benodig ook byna minimale tot geen onderhoud en die masjien kan relatief maklik opgegradeer word.
Eiergradering word in die eierbedryf gebruik om vermorsing te verminder. Die gebruik van amptelike standaarde vir gradering stel eierboere in staat om bemarking te doen deur ‘n gemeenskaplike taal en verseker verbruikers van ‘n konsekwente gehalte produk in die mark.
“Die eiersorteerder sorteer die eiers in vyf verskillende groottes volgens gewig van jumbo tot small en help ook om gekraakte eiers uit te klas sowel as eiers wat se kleure nie reg is nie te sien en uit te haal,” sê Izak Oosthuizen van AIBO.
Grant Smith is van Bryanston Distributors in Oos Londen wat AIBO se produkte verkoop. Hy sê graag hulle verkoop net verskaffers se produkte wat goeie diens lewer. “Ons het nog net goeie diens van AIBO af gekry en hulle produkte is van goeie gehalte. Hulle eiergradeerders is ‘n sterk produk en alle areas is maklik toeganklik vir maklike skoonmaakprosedures.”
Danie du Toit, hoenderboer van Groot geloof eiers in Caledon sal hulle definitief aanbeveel. “Ek koop juis by hulle oor hulle puik diens. Hulle het my eiergraderingsmasjien vir my gemaak met ‘n patent wat ek wou verander het op die masjien.”
AIBO se neskaste se praktiese ontwerp met sy verstelbare rakke maak dit ook ’n baie goeie keuse vir boere wat veral verwyderbare hokke op hellings het. “Die neskaste word gebruik vir vrylopende hoenders of weiveld hoenders om eiers te lê en dien ‘n soortgelyke doel as batteryhokke wat die eierproduksie stimuleer en die eiers skoonhou sowel as dit veilig hou sodat die hoenders dit nie stukkend pik nie.
Hulle klim in, lê die eier daarbinne en gaan weer uit die nes,” sê Izak.
Grant voeg by en sê hulle neskaste is sterk en daar is geen wegkruipplekke vir pluimveemites om weg te kruip nie wat baie belangrik is. “Die eiers word ook maklik ingesamel. Izak glo 100% in AIBO se produk en is passievol om top gehalte produkte te verskaf. Hulle is beslis ‘n maatskappy waarmee ons nog lank sal kan saamwerk,” sê Grant.
Danie het ook gevra dat AIBO sy neskaste anders moet ontwerp. “Hy het openings om later ‘n conveyerbelt by te sit. Hulle maak ‘n ding reg tot hy reg is en werk vir my,” sê Danie.
AIBO se ander reeks landbouprodukte:
- Eierskoonmaakmasjiene
- Eierverpakkingsmasjiene
- Hammermeule
- Pluimvee cones
Kontak AIBO vir meer inligting by 082-593-0088 of info@aibo.co.za of besoek hulle webwerf by www.aibo.co.za