Agrico-spilpunt dien steeds getrou na 20 jaar
Behoorlike besproeiing kan die verskil tussen ՚n suksesvolle of mislukte oes beteken. Tog is ՚n spilpunt ՚n groot uitgawe vir die boer. Juis daarom is dit billik om waarde vir jou belegging te verwag.
՚n Boer benodig ՚n doeltreffende, betroubare en duursame masjien, gerugsteun met spoedige diens, kundige raad en deeglike begrip van die boer se behoeftes. Volgens Werner Jacobs, wat op De Lagersdrif naby Stofberg boer, bied Agrico dit alles en nog meer!
Werner kweek kontantgewasse en hou ook Dorper-skape en Boran-beeste aan. Hy plant 40 ha gewasse onder besproeiing; mielies en sojabone in die somer, en hawer, koring, lusern en Japanese radyse in die winter.
Na Werner se besluit om ՚n spilpunt aan te skaf, het hy aanvanklik ՚n ander verskaffer genader. Nadat hy maande lank tevergeefs gewag het op ՚n reaksie, het hy Agrico gekontak. Binne drie weke was die spilpunt op die plaas afgelewer, opgerig en gereed vir flukse werk. Hoe’s daai vir diens?
Werner het sy eerste Agrico-spilpunt in 2001 aangekoop. Min het hy geweet dat daardie einste spilpunt vandag nog vlytig sou werk. “Wanneer jy ՚n Agrico-spilpunt koop weet jy wat die gehalte is wat jy kry, en die kanse dat jy probleme sal ondervind is skraal,” sê hy.
Die afgelope paar jaar het Werner verskeie Agrico-spilpunte op sy plaas bygevoeg. Vandag spog hy met ses Agrico-spilpunte en oorweeg nog in die toekoms. Wanneer jy toerusting by Agrico koop, weet jou geld is goed aangewend, glo hy.
Sedert sy eerste Agrico-spilpunt op die been gekom het, het nie ՚n enkele een ineengestort nie. Hierdie 20-jaar oue veteraanspilpunt het al oor die 19 000 uur gewerk en toon steeds geen teken van uitputting of opgee nie.
“Agrico se spilpunte is regtig taai. Net soos met enige spilpunt, oud of jonk, doen ons steeds basiese onderhoud, maar die feit dat hierdie een steeds sonder ernstige probleme werk, is verstommend,”
vertel Werner.
Jaco Swarts van die Agrico-tak in Nigel is altyd beskikbaar wanneer Werner hom nodig kry. “Wat ek die meeste waardeer van Jaco, is dat hy ՚n WhatsApp-groep vir al sy kliënte geskep het waar hy weekliks by ons inloer. Ek hoef nooit te wag om van hom te hoor nie en hy gee altyd terugvoering. Wanneer ek iets benodig, lewer hy dit op my voorstoep af,” voeg hy by.
Agrico se spilpunte bied die boer die gemoedsrus dat sy weiding en gewasse nie benadeel sal word deur die droogte nie. ՚n Klein belegging is dit nie, maar dit is noodsaaklik vir die boer wat sy plaasaktiwiteite wil uitbrei en goeie opbrengste wil verseker.
Werner gebruik die gewasse wat onder besproeiing is om sy herfs- en wintervoedingsgaping aan te vul en die onkoste van bykomende voer te verminder. “Besproeiing van die gewasse soos nodig stel ons in staat om genoeg voer vir ons vee te verseker deur die wintermaande,” sê Werner.
Werner beskryf die voordele wat Agrico-spilpunte vir hom inhou soos volg:
• Relatiewe lae insetkoste
• Lae arbeidsvereistes
• Maklik om te bestuur
• Lae onderhoudskoste
• Lang leeftyd
Al Werner se nuwe spilpunte is toegerus met Agrico se ‘Cablesaver’ wat die kabels teen diefstal beskerm.
“Agrico is altyd beskikbaar vir onderhoud of aad wanneer die nood druk, of om self te kom help om probleme te voorkom,”
sê Werner.
Agrico bied ՚n eenstopdiens vir spilpunte: opmeting, ontwerp, vervaardiging, aflewering, oprigting en naverkopediens.
Om meer uit te vind oor die voordele van ՚n Agrico-spilpunt, kontak Agrico by +27 (0)83-455-5423 of +27 (0)21-950-4111. Stuur ook gerus ՚n e-pos aan sales@agrico.co.za, of besoek hulle webtuiste by www.agrico.co.za.