Categories: Articles, Crop productionPublished On: 10th November 2022

Agrico is die besproeiingsleier van die 21ste eeu

By 4 min read
807 words

_J1A9550 (1)

deur Tisha Steyn

Wat is die geheim tot meer as 120 jaar se diens? Volgens Johan Visser, drup- en mikro-besproeiingskundige by Agrico, is deurlopende vernuwing en vooruitgang die grondslag vir sukses.

Wanneer ՚n mens ՚n tegnologies-ontwikkelde besproeiingsmark bedien, moet jy immers nie net bybly nie, maar jy moet altyd ՚n stappie voor wees.

Dít is hoe Agrico toepaslik bly. Dít is hoe Agrico groei. Van spilpunte tot drup- en mikrobesproeiing, … en alles tussenin Johan het aan die begin van 2022 by Agrico aangesluit. Met 38 jaar ondervinding in die besproeiingsbedryf, is sy mandaat om drup- en mikro-besproeiingkundigheid binne Agrico, ՚n naam grootliks gekoppel aan spilpunte, uit te bou.

Hy sê: “Suid-Afrika was een van die eerste lande wat in die laat sestigerjare gekyk het hoe Israel presisiebesproeiing aanpak. Suid-Afrika is immers ook ՚n waterarm land, en daarom het ons drupen mikrobesproeiingstegnieke aangeleer.”

Om mikro- en drupbesproeiing met spilpuntbesproeiing te vergelyk, is om appels met uie te vergelyk. Volgens Johan is die twee metodes glad nie in mededinging met mekaar nie. Elke metode het ՚n spesifieke aanwending. “Die keuse van stelsel berus op die produsent se behoeftes,” verduidelik hy.

“Met goeie beplanning en bestuur van die stelsels is albei water-effektiewe metodes van besproeiing.” Om die toepassing van drup- en mikrobesproeiing binne Agrico te vestig, verg ՚n plan van aksie. Dit sluit in verdere opleiding van Agrico se ontwerpers en kundiges, sowel as die uitbreiding van die Agrico-voetspoor regoor die land. So kan elke boer verseker wees dat daar ՚n Agrico-kundige naby is om die nodige ondersteuning te bied.

Een stappie voor die res: Hoe om aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te bly

Die Suid-Afrikaanse besproeiingsmark se ontwikkeling oor die dekades is opvallend. Die 21ste eeu het moderne oplossings en sagteware soos Agrico Web Control opgelewer, wat boere toelaat om  hulle ganse besproeiingstelsel vanaf hulle selfone te beheer. Ons leef in ՚n tegnologiese era, en dit beteken swem of sink vir besproeiingsverskaffers.

“Baie boere, veral die jongeres, hou van ՚n hoogs tegnologiese stelsel. Landbou is baie dinamies en die wiel van voorkeurprodukte draai aanhoudend. Daarom werk Agrico hard om aan die voorpunt van tegnologie te bly,” sê Johan.

“Suid-Afrikaanse boere is van die beste ter wêreld. Hulle produseer onder moeilike omstandighede. Kommersiële boere ontvang minimaal of geen ondersteuning vanaf die staat, insetkostes is hoog, die paaie is in ՚n haglike toestand en water is beperk.”

Gelukkig is die uitdrukking ՚n boer maak ՚n plan’ vandag nog net so toepaslik soos voorheen. Boere het geleer om die uitdagings te trotseer deur doeltreffend, ekonomies en wetenskaplik te boer. Besproeiing is lankal nie meer net natlei nie; dit is ՚n oordragstelsel wat water, kunsmis en chemiese of biologiese middels na die gewas vervoer.

“Die bestuur van water is ՚n voorvereiste vir sukses. ՚n Besproeiingverskaffer moet weet hoe om die boer en die plaas se behoeftes te bepaal. Ons boere is goed ingelig en dit is die besproeiings bedryf se plig om seker te maak ons gee vir hulle ՚n ekonomies werkbare stelsel,” meen Johan.

Die Agrico-voetspoor vergroot sonder ophou

“Agrico is ՚n wêreldleier in besproeiing. Ons werk hard daaraan om die beste besproeiingsmaatskappy in die Suidelike Halfrond te wees,” sê Johan. Daarom is uitbreiding en groei só belangrik. Dit is noodsaaklik om letterlik en figuurlik so na as moontlik aan die boer te beweeg. Slegs deur teenwoordig te wees in ՚n boer se gebied en absolute kundigheid oor alle besproeiingsmetodes aan te bied, kan ons die boer verseker dat hy of sy die optimale oplossing kry.

“Agrico wil heeltyd in voeling met die boer wees. Ons rol is om die brug tussen boere en die invoerders en vervaardigers van besproeiingstoerusting te wees.” Daarvoor moet ՚n verkoopspersoon eerstens vasstel wie die klante is. Daarna moet ՚n oplossing voorgestel word waarmee die boer gemaklik is, sodat hy die beste daaruit kan kry. Dit is hoe Agrico doeltreffende, ekonomies haalbare en volhoubare besproeiingsoplossings bied. “Landbou vra dat die boer op sy eie manier, met ons hulp, in beheer moet wees van alle fasette van sy plaas.”

Terwyl Agrico die produkreekse van betroubare handelsname soos Netafim, Agriplas en Azud verkoop, vervaardig hulle ook minstens die helfte van die toerusting wat hulle gebruik self. Drie fabrieke in Bellville en Lichtenburg ondersteun tans 39 takke regoor Suid-Afrika en Zambië. Meer as 70 bemarkers bedien boere in Zimbabwe, Namibië, Botswana, Mosambiek en Angola, asook Nigerië en Ghana. ՚n Span van sowat veertig wakker, jong ingenieurs ontwikkel produkte en bied tegniese ondersteuning.

Johan Visser, drup- en mikrobesproeiingskundige by Agrico.

“Ons neem jongmanne en gee vir hulle geleenthede. Met ons bestaande ervaring en hulle vernuwende, passievolle energie, bied ons landbou se uitdagings die hoof.”

Vir meer inligting oor hoe Agrico jou kan bystaan met die nuutste en beste besproeiingstegnologie, kontak sales@agrico.co.za of bel (+27)83- 455-5423. Besoek gerus ook Agrico se webtuiste by www.agrico.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0