Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 23rd May 2024

AgriCAD … agri KAN!

By 2 min read
443 words

Picture1 ander

As jy by NAMPO 2024 was, kon jy vir seker nie AgriCAD se helderrooi, blink produkte misgekyk het nie! Hierdie produkte lyk nie net mooi op jou plaas nie, dit help ook om jou al jou boerderybedrywighede makliker, meer doeltreffend, vinniger en gladder te laat verloop.

Ruan Jonas is in beheer van nasionale en internasionale bemarking by AgriCAD. Hy vertel meer oor die produkte wat hulle by NAMPO uitgestal het wat boere kan help om hulle bedrywighede uit te brei.

AgriCAD het ’n hele rits produkte om van te kies. Van die bekendstes is hulle verskillende tapkarreekse.

AgriCAD tap- en kunsmiskarre

Die graantapkarreeks bestaan uit die gewilde TF24C en die TF27C (die nuwer tapkar in die reeks).  Hierdie nuwe reeks kom met bande wat effens groter is. Dit stop nie hier nie! Daar is ook die TF34C en die TF38C wat die groter tapkarre in die reeks is.

AgriCAD is ook bekend vir hulle kunsmistapkarreeks. Dit bestaan uit die 7-ton, 10-ton en die 15-ton.

“Al ons tapkarre, van kunsmis tot graan, kan ’n weegstelsel insluit wat skakel met Isobus of ons eie skerm vir presisieboerdery,” vertel Ruan.

Ruan Jonas is gereed om jou te help om die beste, blinkste spogrooiproduk vir jou plaas aan te skaf!

AgriCAD landrollers

Een van die gewildste van al AgriCAD se produkte, is hulle landrollers. Ruan verduidelik: “Die landrollerreeks kom in vier verskillende groottes: die 7,6m, 9,4 m, 11,3 m en die 12,2 m landroller.”

Vir beter oeste, moet jy definitief belê in ’n landroller van AgriCAD.

Die landroller hou baie voordele tydens planttyd in:

  • Dit verhoog opbrengs, aangesien jy nader aan die grond kan oes
  • Grond en klippe word in die grond ingerol, sodat die stroper nie beskadig word nie, wat staantyd aansienlik verminder
  • Saadontkieming is beter
  • Jy is verseker van ’n konstante plantdiepte

AgriCAD landsilo

Laastens, noem Ruan ook die kersie op die AgriCAD-koek. Die “Motherbin” is AgriCAD se beweegbare landsilo vir die massahantering van graan tydens strooptyd.

Die AgriCAD landsilo in askie

Dit kan 80 000 liter, of dan omtrent 60 ton, stoor. Dit is maklik om te beweeg en graan kan nou gemaklik in die landsilo ingestroop word. Met die hoë uitappspoed van die landsilo kan ‘n 33-ton vragmotor in ongeveer 10 minute volgelaai word. Die weegstelsel verskaf op die plek kontrole oor graanvolumes deur middel van strokies wat die drywer van die vragmotor moet teken, wat natuurlik vir jou baie meer beheer gee en so ook diefstal bekamp.

Kontakbesonderhede

As jy nie so gelukkig was om AgriCAD by NAMPO 2024 te besoek nie, kan jy gerus hulle webtuiste besoek by www.agricad.co.za. Wees ook op die uitkyk vir hulle op hulle sosialemedia-blaaie op Facebook en Instagram.

2

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

2