Categories: Articles, Resource managementPublished On: 29th February 2024

Agri4all.com bring koper en verkoper na mekaar

By 3 min read
574 words

Agri-4-All Image

Moeg geadverteer? Ons doen dit vir jou! As jy jou landbouprodukte wil verkoop het jy dalk al aanbiedingswebwerwe oorweeg. ‘n Aanbiedingswebwerf werk amper soos Facebook se markplein-platform, maar is ‘n betroubare netwerk van kopers en verkopers, gerugsteun deur toegewyde administrateurs. Die grootste hiervan is Agri4all.com.

“Ons is ‘n landboumaatskappy wat ons kliënte help om by hulle kliënte uit te kom,” vertel Nita Volmer-Van Zyl, produkbestuurder van Agri4all.com. “Agri4all het ongeveer ses jaar gelede ontstaan en ons bied ‘n platform waar verkopers hulle produkte gratis kan oplaai en verkoop. Enigiemand regoor Afrika kan dit gebruik. Die aanbiedingswebwerf is beskikbaar in 29 Afrikalande en ons is in die proses om dit uit te brei.”

Agri4all se hooffunksie is om die boer en die onderneming, hetsy ‘n groot kommersiële handelsnaam of ‘n klein eenmansaak, ‘n ruimte te bied om mekaar te ontmoet.

‘n Ietsie meer as net ‘n aanbiedingswebwerf

Agri4all bied hulle kliënte meer as net ‘n webtuiste waar advertensies geplaas word soos die snuffel-afdeling van ‘n koerant. Enigiemand kan ‘n profiel skep en produkte oplaai, maar daar is ook ‘n betaalde opsie waar klante bykomende bemarkingspakette kan bekom.

“Dit is beslis iets wat ons aan elke kliënt voorstel om die beste resultate uit hulle bemarking deur ons te bereik,” verduidelik Nita. “Eerstens is daar die voordeel dat die kliënte dan soveel van die kontakbesonderhede ingevoeg kan hê as wat hulle wil. ‘n Verslag word ook elke maand aan betaalde klante gestuur wanneer die veldtog afgehandel is.

“Bo en behalwe dit kan jy sien hoeveel mense op jou profiel was, op watter skakels daar gekliek was en op watter produkte,” brei sy uit.

“Met bykomende bemarking op ons verskillende platforms wat TikTok, Instagram, YouTube, Facebook en ProAgri insluit, word daar meer voete na jou advertensie gestuur.”

Omdat Agri4all verstaan dat hulle klante regoor die landbouwaardeketting versprei is en verskillende motiverings het om op ‘n Agri4allprofiel te adverteer, het die span ‘n wye verskeidenheid pakkette om van te kies en keur – iets wat elke sak pas. Die bemarkingsplanne sluit onder meer nuusbriewe, banieradvertensies en promosie-artikels ook in.

Bemarking uit die boonste rakke vir almal

Nita lig uit dat alle klante puik diens kan verwag van die Agri4all-span. “Alhoewel enigiemand self ‘n profiel kan skep, produkte oplaai en dit administreer, hoef niemand te voel dat hulle op hulle eie is nie,” sê sy. “Ons het ‘n span wat dit alles vir jou doen – ongeag of jy ‘n betaalde kliënt is of nie.”

Daar is twee goed wat sy voel alle voornemende klante van hierdie platform moet verstaan. “Eerstens, jy kan soveel produkte op Agri4all lys as wat jy wil. Daar is geen beperking nie. Tweedens is dit belangrik om uit te wys dat ons nie handel dryf namens die kliënt nie. Enige besoeker wat navraag doen oor ‘n produk se besonderhede word na die kliënte aangestuur. Dit is nog steeds die adverteerder se verantwoordelikheid om daardie verkoopsleidraad om te skakel na verkope.”

Oor die soort produkte wat gelys kan word, verduidelik Nita dat dit alles landbouverwant is. “Enigiets waarby die boer kan baat vind,” som sy dit op. “Agri4all is landbou. Vir almal.”

Besoek www.agri4all.com om self na die platform te kyk. Skakel Nita by (+27)79-515-8708 of stuur ‘n e-pos aan nita@agri4all.com as jy jou produkte op die platform wil lys.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0