Categories: NewsPublished On: 13th December 2010

Agri SA se president doen ’n beroep om verootmoediging

By 1 min read

Die president van Agri SA, meneer Johannes Möller, het op RSG Landbou ‘n beroep om verootmoediging gedoen.

Tydens die onderhoud het hy gesê dat dit betreurenswaardig is dat die aanloop tot die feesgety gekenmerk word deur brutale misdaad. Hy het gesê dat die boerderygemeenskap die afgelope week misdaad in sy felste vorm ervaar het deur ‘n onskuldige kind wat die hoogste tol betaal het.

Droogte

Meneer Möller het gesê dat probleme en knelpunte nie uniek aan landbou is nie, maar wanneer diere weens droogte ly, soos wat tans in verskeie gebiede van die land gebeur, raak dit die harte van mense aan.

Hy het voorts gesê dat die landbou tans klimaatsuiterstes van ‘n ongekende omvang beleef wat sy vermoë om normaal te produseer ondermyn en dat voedselsekerheid ook in gedrang kan kom.

“Ek doen graag ‘n vriendelike dog dringende beroep op mense van alle geloofsgroepe om in die komende week vanaf 16 Desember 2010 elke dag om 12:00 hulle in gebed te verootmoedig om vir versoening en vrede in die land te bid en om ook veral die groot behoefte aan reën in verskeie gebiede in hulle gebede op te dra” het meneer Möller gesê.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0