Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 23rd August 2022

Agri Frequencies bied ekonomiese, resultaatgedrewe oplossings

By 3 min read
521 words

DSC_0392 (2)

Jan du Plessis, eienaar en bestuurder van Agri Frequencies, by sy stalletjie by vanjaar se KragDag.

Artikel verskaf

Agri Frequencies bied alternatiewe vir die landboubedryf en boerderymaatskappye. Hulle is gefokus op ekonomiese oplossings wat resultaatgedrewe is, om die boer te help. Jan du Plessis van Agri Frequencies woon die afgelope vyf jaar die jaarlikse KragDag-skou by.

Jan vertel meer: “Ons sien jaar na jaar hoe die selfstandigheidekspo groei en dit is vir ons ՚n groot hoogtepunt en wonderlike ervaring om jaarliks deel te kan wees van KragDag.”

Dienste wat Agri Frequencies verskaf sluit die volgende in:

• Stimulering van plante en grondorganismes

• Insekbeheer

• Gestruktureerde water

• Brandstofstrukture

Jan verduidelik hoe dit werk:

Produkte wat by Agri Frequencies se stalletjie tydens KragDag te koop was.

Stimulering van plante en grondorganismes

“Agri Frequencies het ՚n passie om mense te help om gesond te leef en die enigste manier om dit volhoubaar te doen, is om te begin deur te verseker dat die kos wat ons inkry, gesond en vry van chemikalieë is,” vertel Jan. “Elke lewende organisme stuur sy eie frekwensie uit en wetenskaplikes het bewys dat plantegroei gestimuleer en peste beheer kan word deur die manipulering van frekwensies,” voeg hy by.

“Die frekwensies kan ook aangewend word om plante meer droogte- en rypbestand te maak, sowel as om suikerinhoud te verbeter en die raklewe van vrugte en groente te verleng. Grondvrugbaarheid word verhoog en grondorganismes gestimuleer vir dieper los grond wat meer vrugbaar is. Saad en plante wat gestimuleer word, ontkiem en groei vinniger met sterker wortelstelsels.”

Plantsapontledings

“Die gebruik van frekwensies in die praktyk red nie net die natuur nie, maar bespaar ook baie geld, bring hoë vlakke van mikrobiese lewe en verhoogde produksie terug. Dit verminder ook insekvlakke met verloop van tyd, soos opgemerk deur boere wat frekwensies vir die tweede en derde jaar plus gebruik,” verduidelik Jan.

Grondgehalte is die belangrikste produksiefaktor. Gesonde grond het al die voedingstowwe wat die plant benodig in die regte hoeveelhede. Gesonde grond het gesonde plante tot gevolg, wat die minste deur insekte en siektes beïnvloed word, aangesien insekte siek en gespanne plante teiken. Jan verduidelik hoe die proses werk: “Plantsapontledings is ՚n wonderlike metode om die gesondheid van jou grond te bepaal, aangesien jy vroeg genoeg kan bepaal wat na jou plante toe oorgedra gaan word.”

Gestruktureerde water

Gestruktureerde water het ՚n lae oppervlaktespanning wat molekules meer opneembaar maak vir die klein selbuisies in ons selle. Die verhoogde suurstofinhoud maak gestruktureerde water meer reaktief en suiwer ketels en pype van kalkagtige aanpaksels. Die water is merkbaar sagter en meer oplosbaar en kan dus selfs beton sterker maak.

Brandstofstrukture

Brandstof is geneig om stadig te ontbrand weens molekulegroepe in die vloeistof, maar wanneer ons dit struktureer, ontbrand dit volledig. Dit lei tot meer krag, brandstofbesparing, beter verkoeling, skoner uitlaatgasse, minder slytasie en verlengde enjinlewe.

“Die frekwensies wat ons gebruik is spesie-spesifiek. Ons is gefokus daarop om tegnologies aanvaarbare maniere te gebruik vir die beste resultate vir die boer. Ons glo daaraan om te meet is om te weet, en dit is waarop ons diens gegrond is,” sluit Jan af.

Vir meer inligting oor Agri Frequencies, kontak vir Jan du Plessis by (+27)82-429-4055 of stuur ՚n e-pos na jan@agrifrequencies.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0