Agbiz gee kommentaar oor SA se witmielie-mark:

witmielie
Suid-Afrika verbruik gemiddeld 10,5 miljoen ton mielies ‘n jaar, met 48% (5-miljoen ton) daarvan wat witmielies is.
Die algemene persepsie is dat al die witmielies verbruik word in die voedselmark, maar slegs 70% van die 5-miljoen ton gaan aan menslike verbruik. Die res word deur vee verbruik.
Vir menslike verbruik lyk die verdeling tussen die verskillende witmielieprodukte soos volg: super mieliemeel 78%, spesiale mieliemeel 16%, samp 4% en gesifte mieliemeel 1%.
Tussen Julie 2015 en Mei 2016 het mense gemiddeld 252 779 ton witmielies per maand verbruik.
Vanjaar se plaaslike witmielies-produksie is na verwagting 3,097-miljoen ton.
Die land moet min of meer 1,1-miljoen ton witmielies invoer. In hierdie stadium is daar nie sekerheid of SA so baie witmielies sal kan invoer nie, as gevolg van die skaarsheid daarvan in ander wêrelddele, waar geelmielies hoofsaaklik aangeplant word.
Bron: Agbiz navorsing