Categories: Artikels, News, Vee en rassePublished On: 4th August 2021

Afrikaners bied goeie geleenthede

By 3 min read

20210610_152219

Artikel voorsien

Indien ’n vleisbeesboer ’n geleentheid soek om vir minstens die volgende dekade as leier mededingend en winsgewend in die beesmark te bly, belê in ’n Afrikaner-kudde.

Die toekoms van beesboerdery lê in die aangepaste, inheemse ras – die Afrikaner. Die Afrikaner is aangepas om by temperature van -10 °C tot 45 °C te produseer, en is dus die hitteverdraagsaamste bees in Suid-Afrika. Al het die nasionale kudde se tussenkalfperiode (TKP) sedert die droogtejare van 2016 afgeneem, was vrektes vanweë hitte en droogte nul.

GOEIE EIENSKAPPE

Afrikaner-koeie is bekend vir hul langlewendheid en produseer voluit tot op die ouderdom van 15-16 jaar. Die bulle kan maklik tot op 12-jarige ouderdom koeie dek. Speenkalwers weeg gemiddeld 200-220 kg en is vrugbare, prestasiegetoetste diere. Die sterk gespierde hedendaagse Afrikaner groei gemiddeld 2 kg per dag in die voerkraal sonder hormone, stimulante of antibiotika. Die Afrikaner se vleis is van die beste. Tydens die verbrui kersproekompetisie op ALFA in 2019 was die Afrikaner die wenner.

Die Afrikaner-bees produseer beter, lekkerder en gesonder veldvleis as enige ander ras in ekstensiewe weidingstoestande. Dié ras se veldvleis is laag in cholesterol, hoog in anti-oksidante (omega 3- en omega 6-vetsure) en anti-karsinogenies danksy karoteen in groen plante. AfriBeef word teen premiepryse verkoop.

MOEDEREIENSKAPPE

Afrikaners is diere met ’n lang lewensverwagting. Ouer diere word gewoonlik eerste maer tydens droogtes, maar dit is nie die reël by Afrikaner-koeie nie. Koeie van 14-16 jaar oud het nog ál hul tande en benut droë weiding optimaal. Afrikaner-beeste het ’n uitstekende temperament. Die koeie is bekend om hul besonderse moederseienskappe en pas hul kalwers suksesvol op.

WEERSTANDIGHEID

Die Afrikaner-ras vaar uitstekend saam met wild in ekstensiewe toestande. Snotsiekte is ongekend onder Afrikaners en hulle is weerstandig teen tsetsevlieg-bytsiekte (nagana). Die beeste se vel is baie dik en hulle het kort hare, wat die Afrikaner ’n nagmerrie vir bosluise maak. Afrikaners stap daagliks kilometers ver agter weiding aan, vreet kort-kort en suip sowat vier keer water, wat hul kondisie goed en hul liggaamstemperatuur normaal hou.

Byna 83% van Afrikaner-beeste ondergaan prestasietoetsing en het volledige teelwaardes. Die Afrikaner is ’n leier ten opsigte van maklike geboortes met ’n kalfgeboortegewig van 32 kg. Die Skepper sou nie verniet op dié tydstip hierdie inheemse bees in Suid-Afrika geplaas het as ’n oplossing vir só baie beesboerderyprobleme nie.

Die bees is aangepas vir tipiese Suid-Afrikaanse toestande, soos wisselvallige weer

Die Afrikaner-beesbedryf is nie ’n hedendaagse gier nie, maar het die toets van die tyd deurstaan, aangesien die Afrikaner-beestelersgenootskap al 109 jaar gelede in Suid-Afrika gestig is. Die genootskap meen daar lê nóg ’n eeu en langer vir die bedryf voor. Beesboere moet besef Suid-Afrika is ’n land van uiterstes – van baie reën en weiding tot droogtes, en van ’n snikhete klimaat tot ysige koues, asook parasiete.

Hierdie toestande is ’n gegewe en buite die boer se beheer. Boere kan wel die beesras kies waarmee hulle boer; een wat aanpas, oorleef en floreer in bogenoemde toestande en dan nog as ’n bonus altyd sagte, sappige vleis produseer. Die Afrikanerbeestelergenootskap meen dié ras is die enigste wat oral in Suid-Afrika kan presteer. Die ras oorleef tans in die droogtegeteisterde dele van die land. Neem kennis daarvan, dink blink en boer met Afrikaner-beeste.

Vir meer inligting kontak die Afrikaner Beestelersgenootskap:

T: 051 447 7405

F: 086 270 3988

Sel / cell: 078 791 1880

www.afrikanerbees.com

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1