Categories: Crop production, News, SeedPublished On: 14th April 2015

Advance Seed versterk sy personeelkorps

By 1 min read
154 words

 Advance Seed het ‘n paar bekendes in die saadbedryf aangestel om dié maatskappy vorentoe te neem met betrekking tot navorsing en verkope. Advance Seed het ‘n wys reeks saad en spesialiseer veral in weidingsgewasse.

Dirk Coetzee is aangestel as landboukundige en hy sal vanuit Bloemfontein die Noordkaap en Vrystaat bedien. Dirk is tans besig met sy MSc-graad in weidingswetenskap aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van dr Wayne Truter. Hy konsenstreer op behandelde saad vir aangeplante weiding.

Jan Coetzer sal voortaan die verkoopsbestuurder vir Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap wees vanuit die kantoor in Pietermaritzburg. Jan werk al elf jaar lank in die weidingsaadbedryf as landboukundige en produkbestuurder. Sy studierigting was dierkunde, natuurbewaring en landboukunde.

Cliffe Deacon het oor die afgelope 30 jaar al diep spore in die saadbedryf getrap en hy spesialiseer in voersorghum. Hy is aangestel as afdelingsbestuurder om verteenwoordigers in die noordelike streek van suidelike Afrika te bestuur.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0