Categories: NuusPublished On: 12th April 2018

Trekkerverkope styg vir Maart

By 1 min read
156 words

trekker

Trekkerverkope van 726 eenhede in Maart is aansienlik meer (41%) as die 515 eenhede wat verlede Maart verkoop is. Vir die jaar tot dusver (eerste drie maande van die jaar) is trekkerverkope ongeveer 12% hoër as wat dit was vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Stroperverkope van 25 eenhede is twee eenhede meer as die 23 eenhede wat verlede Maart verkoop is, maar verkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 5% laer as vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Hoewel trekkerverkope in Maart die meeste verwagtinge oortref het, bly die meeste fundamentele aspekte in die mark soos oesvooruitsigte en pryse, asook die relatiewe sterk rand grootliks onveranderd.   Die meeste kommersiële trekkerkopers hoef nie onmiddellik besluite te neem nie en kan die besluite vir ‘n maand of twee, totdat daar duideliker oesvooruitsigte is, uitstel.   Regeringstenders het dié maand verkope verstewig.

Ramings in die bedryf dui daarop dat verkope vir die 2018-kalenderjaar minstens teen dieselfde vlakke as vir 2017 behoort te wees.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0