Categories: NewsPublished On: 15th February 2017

Bokhaarmark open bestendig

By 1 min read
118 words

Angora+Goat

Die openingsveiling van die somer verkoopseisoen het ten spyte van ‘n sterker Rand en die gemengde aard van die aanbieding, bestendig verloop.

Somer kleinbokkiehaar was nie kwoteer nie weens beperkte volumes en die negatiewe invloed van die voortgesette droogte op beide kwaliteit en lengte. Die Rand het met 3,5% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk en teen R13,15 verhandel.

Stabiele aanvraag van kopers het daartoe gelei dat die gemiddelde markaanwyser met 1,0% tot R186,85/kg gestyg het. Winter kleinbokkiehaar het met 4,8% teruggesak tot R264,62/kg terwyl winter jongbokhaar met 0,3% laer gesluit het op R220,34/kg. Sterk grootbokhaar het met 0,6% tot R174,20/kg gestyg terwyl fyn grootbokhaar met 0,6% teruggesak het tot R197,40/kg.

Die volgende veiling sal op 7 Maart 2017 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0