Categories: Artikels, WielePublished On: 17th February 2022

2022 Kia Sorento SXL: Die slimmer keuse

By 5 min read
1058 words

2022 Kia Sorento Front image

Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive

Kia se vierde generasie Sorento is nie net op die oog af ‘n verbetering op die vorige model nie, die 2022 model is ontwerp en gebou om op die voorpunt van ingenieursvernuf, bougehalte, kajuitruimte en brandstofeffektiwiteit in die SUV segment te wees.

Die nuwe model sluit aan by KIA se opwindende SUV reeks in Suid-Afrika saam met die Sonet, Seltos en Sportage. Soos met sy voorganger word die nuwe Sorento in Korea by KIA se Hwasung  aanleg vir Suid-Afrika gebou en ook ander wêreldmarkte. Wêreldwyd is daar meer as 3 miljoen Sorento modelle verkoop sedert die bekendstelling in 2002.

Voorkoms en Ontwerp

Die nuwe Sorento vertoon van buite gelyktydig sportief en elegant. Die nuweling is die eerste voertuig in die KIA stal om gebou te word op die Koreaanse vervaardiger se nuwe generasie platform vir groter SUV’s, vandaar die langer stylvolle bakontwerp wat die nuwe Sorento proporsioneel mooier op die oog laat vertoon. Die forser nuwe vooraansig met die breë KIA sierrooster, 19” allooiwiele, nuutontwerpte agterkant, skerper hoeke en lyne asook nuwe voor en agterligte, laat die koppe draai.

Binneruim en Toerusting

Binnekant is die nuwe Sorento ‘n aangename mengsel van hoë gehalte materiale, uitstekende ontwerp en ergonie met hoë vlakke van toerusting binne ‘n luukse ruim kajuit wat sewe insittendes in drie rye gerieflik kan hanteer. Swart leerbekleedsel met gepoleerde aluminium invoegsels laat die binneruim effe somber, maar tog luuks vertoon.

Die nuwe Sorento is een van die mees gevorderde voertuie nog in die KIA stal met innoverende elektroniese stelsels vir kommunikasie, bestuurderhulp en infotainment.

Die 12.3” hoë resolusie instrumentehuls het ons veral beïndruk met die blindeoog kamerabeelde wat op die linker of regter wyserplaat verskyn wanneer die linker of regter flikkerlig gebruik word. Inligting word ook op die ruit voor die bestuurder vertoon.

Die groot 10,25” hoëdefinisie infotainmentskerm bied intuïtiewe toegang tot klank-, navigasie-,   voertuiginligting en kommunikasie – laasgenoemde danksy koordlose koppeling met Android Auto en Apple CarPlay. Daar is ‘n koordlose laaiblad vir slimfone en met twee USB Koppel/laaipunte voor, ook twee vir die tweede ry passasiers in die rugkante van die voorste sitplekke geposioneer, asook ‘n USB laaipunt vir elk van die twee sitplekke in die 3de ry.

 ‘n BOSE® klankstelsel met 12-luidsprekers verskaf kwaliteit klank in die groot kajuit.

Elektriese verstelling vir die kantspieëls, voorste sitplekke asook die groot bagasieruim deur maak ook die lewe gemaklik vir die bestuurder. Die laairuimte met die derde ry sitplekke platgevou, bied 821 liter laairuimte. Die tweede ry sitplekke kan elektries platgevou word met skakelaars agter langs die kant in die laaiarea.

Enjin en Verrigting

Die nuwe 2.2liter “Smartstream” turbodiesel enjin is ‘n juweel. Dieselfde enjin doen ook diens vir KIA se sustermaatskappy Hyundai in verskeie modelle en ons het al ongelooflike goeie brandstofverbruik van 6,1L/100km in die Hyundai Santa Fe en selfs die groot Pallisade gevind.

Met 148kW (3800rpm) en 440Nm (1750 – 2750rpm) lewer die enjin goeie verrigting teen ongekende goeie brandstofverbruik. Die aluminium enjinblok bied nou ‘n veel ligter enjin (38,2kg ligter as die enjin in die vorige Sorento) wat krag stuur na al vier wiele deur KIA se uiters gladde 8-DCT dubbelkoppelaar outokas.

Hantering en Padgedrag

Die gemaklike kraglewering van die enjin en die uistekende nuwe platvorm waarop die 2022 Sorento gebou is, sorg vir uiters goeie ritgehalte en stabiliteit deur draaie. Die Sorento is byna 5 meter lank, maar die ervaring agter die stuur is asof daar met ‘n medium grootte sedanmotor bestuur word.

KIA se witjasse het moeite gedoen om pad-, wind- en ejingeraas asook vibrasie wat die onderstel vanaf slegte padoppervlaktes na die kajuit kan deurstuur, te minimaliseer. Die nuwe bakwerk wat met gemiddeld 4% beter staalsterkte saam met aluminium gebou is het ook daartoe bygedra om ‘n heerlike sublieme ritervaring te verseker tydens my tyd agter die stuur van on toetsmodel KIA Sorento SLX.

Die nuwe model SLX is toegerus met KIA se “Terrain Mode” stelsel wat krag na al vier die wiele stuur. Bestuurders kan die stelsel met behulp van ‘n draaiknop op die middelkonsole gebruik en die tipe terrein/pad kies wat dan verseker dat die nuwe Sorento gemaklik en vasvoetig op grond-, modder-, natterige  en selfs sneeubedekte paaie steeds veilig kan wees.

Veiligheid

Volgens KIA bied die nuwe Sorento hoër vlakke van standaard aktiewe en passiewe veiligheid as meeste van sy kompetisie.

Kia se “Advanced Driver Assistance Systems (ADAS)” verminder meeste van die stresfaktore waarmee bestuurders sukkel wanneer bestuur word. Hierdie stelsel sluit in die vervaardiger se nuutste “Forward Collision-Avoidance Assist (FCA)”wat  tegnologie is waarmee fietsryers, voetgangers en voertuie wat moontlik gevaar kan inhou, voortydig geidentifiseer word en dan die bestuurder waarsku.

 Ons toetsmodel Sorento was ook toegerus met “Blindspot View Monitor (BVM)”, “Around View Monitor (AVM)” en “Blindspot Collision Avoidance Assist (BCA)”. Ook goed soos “Smart Cruise Control (SCC)”, “Lane Following Assist (LFA)” en “Driver Attention Warning (DAW)” wanneer die stelsel opmerk dat bestuurders moeg raak en dan waarsku om liefs stil te hou en ‘n pouse met ‘n koffie te geniet!

Die nuwe model word ook standaard toegerus  met Kia se “Vehicle Stability Management (VSM)”-stelsel en Elektrones stabiliteits beheer (ESC) waar bestuurders gehelp word om beheer oor die voertuig te behou tydens remming en deur draaie.

Opsomming

 Die 2022 KIA Sorento is ‘n groot verbetering op die vorige model. Met uitstekende bougehalte, verfynde dinamika en uiters hoë vlakke van tegnologie en veiligheid, bied die 2002 KIA Sorento SXL AWD 8DCT soos getoets ‘n uiters aantreklike alternatiewe opsie vir kopers van luukse praktiese 7-sitplek SUV’s, veral wanneer dit vergelyk word met die pryse waarteen soortgelyke voertuie vanuit Duitsland in Suid-Afrika te koop aangebied word. As die bedryfsleidende waarborg en omvattende diensplan boonop in ag geneem word, raak die Sorento ‘n winskopie.

Prys                                                                    

Sorento 2.2 CRDi 7-Seater SXL AWD 8DCT – R988 995

Alle Sorento modelle sluit by die prys in KIA se Onbeperkte Kilometer, 5-jaar waaarborg wat ook padbystand hulp insluit. Daarby ook ‘n omvattende 6-jaar / 90 000 km diensplan.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0